Soekresultate vir: Efesiêrs 6:1-3

EFESIËRS 1:1 (AFR83)

Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo.

EFESIËRS 1:2 (AFR83)

Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

EFESIËRS 1:15 (AFR83)

Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges,

EFESIËRS 1:5 (AFR83)

In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.

EFESIËRS 3:4 (AFR83)

en as julle dit lees, sal julle 'n begrip kry van my insig in die geheimenis van Christus.

EFESIËRS 3:12 (AFR83)

In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.

EFESIËRS 3:13 (AFR83)

Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word omdat ek om julle ontwil ly nie. Julle moet dit eerder as 'n eer beskou.

EFESIËRS 4:11 (AFR83)

En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.

EFESIËRS 4:18 (AFR83)

hulle verstand is verduister, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard.

EFESIËRS 1:13 (AFR83)

Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.

EFESIËRS 1:18 (AFR83)

Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,

EFESIËRS 1:19 (AFR83)

en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag

EFESIËRS 1:23 (AFR83)

Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

EFESIËRS 2:1 (AFR83)

Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes

EFESIËRS 2:8 (AFR83)

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.

EFESIËRS 2:19 (AFR83)

Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God.

EFESIËRS 3:2 (AFR83)

Julle het tog seker gehoor van die opdrag wat God in sy genade aan my gegee het in julle belang.

EFESIËRS 3:10 (AFR83)

Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim,

EFESIËRS 3:19 (AFR83)

Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

EFESIËRS 3:21 (AFR83)

aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.

EFESIËRS 4:4 (AFR83)

Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het.

EFESIËRS 4:5 (AFR83)

Daar is net één Here, één geloof, één doop,

EFESIËRS 4:8 (AFR83)

Daarom sê die Skrif: “Toe Hy na die hoogte opgevaar het, het Hy krygsgevangenes saamgeneem en gawes aan die mense gegee.”

EFESIËRS 4:9 (AFR83)

Hierdie uitdrukking: “Hy het opgevaar”, veronderstel tog dat Hy eers neergedaal het na wat laer is, naamlik na die aarde toe.

EFESIËRS 4:16 (AFR83)

en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam 'n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid