Soekresultate vir: Efesiêrs 6:1-3

EFESIËRS 6:1 (AFR83)

Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis.

EFESIËRS 6:2 (AFR83)

“Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by:

EFESIËRS 6:3 (AFR83)

“sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”

EFESIËRS 3:6 (AFR83)

En dít is die geheimenis: deur die verkondiging van die evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook mense wat nie Jode is nie, saam met ons deel van die volk van God en lede van die liggaam van Christus, en kry hulle ook saam met ons deel aan wat God belowe het.

EFESIËRS 1:6 (AFR83)

Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.

EFESIËRS 3:1 (AFR83)

Daarom bid ek vir julle wat nie Jode is nie, ek, Paulus, 'n gevangene deur my diens aan Christus Jesus.

EFESIËRS 1:3 (AFR83)

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.

3 JOHANNES 1:6 (AFR83)

Hulle het hier voor die gemeente vertel van jou liefde. Help hulle asseblief vir hulle verdere reis op 'n wyse soos God dit verwag,

1 TESSALONISENSE 3:6 (AFR83)

Nou is Timoteus van julle af terug by ons, en hy het ons die goeie nuus gebring van julle geloof en liefde. Hy het ons vertel dat julle nog altyd die aangenaamste herinneringe aan ons het en dat julle net so na ons verlang as ons na julle.

1 JOHANNES 3:6 (AFR83)

Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie.

1 KRONIEKE 3:6 (AFR83)

en verder die nege seuns Jibgar, Elisua, Elpelet,

1 SAMUEL 3:6 (AFR83)

Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe sê Eli: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.”

1 KORINTIËRS 3:6 (AFR83)

Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het.

1 PETRUS 3:6 (AFR83)

Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys. As julle doen wat goed is en julle nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters.

1 TIMOTEUS 3:6 (AFR83)

Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland.

1 TIMOTEUS 6:3 (AFR83)

As iemand 'n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie,

1 SAMUEL 6:3 (AFR83)

En hulle het geantwoord: “As julle die ark van die God van Israel terugstuur, moet julle dit nie sommerso terugstuur nie. Julle moet dit teruggee met 'n behoorlike geskenk daarby. Dan sal julle gesond word en weet waarom sy hand so swaar op julle gebly het.”

1 KRONIEKE 6:3 (AFR83)

Die kinders van Amram was Aäron, Moses en Mirjam. Die seuns van Aäron was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

1 KONINGS 6:3 (AFR83)

Die voorportaal aan die voorkant van die tempel was tien meter lank, net so lank as wat die tempel breed was. Die breedte daarvan was vyf meter.

1 KONINGS 3:6 (AFR83)

Toe sê Salomo: “U het groot trou aan my vader Dawid bewys. Hy was in sy lewe getrou en gehoorsaam en opreg teenoor U. U het hierdie groot trou aan hom bewys en vir hom 'n seun gegee wat vandag op sy troon sit.

1 KORINTIËRS 6:3 (AFR83)

Weet julle nie dat ons oor die engele sal oordeel nie? Dan tog seker ook oor alledaagse dinge.

EFESIËRS 1:12 (AFR83)

Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys.

EFESIËRS 1:14 (AFR83)

Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.

EFESIËRS 1:20 (AFR83)

wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:

EFESIËRS 2:3 (AFR83)

So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid