Soekresultate vir: Deuteronomy 6:4-9
DEUTERONOMIUM 3:18 (AFR83)
“Ek het destyds vir die drie stamme gesê: Die Here julle God het hierdie land vir julle gegee as julle besitting. Maar julle gewapende manne, elke weerbare man, moet die Jordaan oorsteek voor julle volksgenote uit.
DEUTERONOMIUM 3:19 (AFR83)
Net julle vrouens en kinders en vee, en ek weet julle het baie vee, mag agterbly in die stede wat ek vir julle gegee het.
DEUTERONOMIUM 3:20 (AFR83)
Julle moet saam met julle volksgenote trek totdat die Here ook aan hulle, soos aan julle, 'n veilige woonplek gegee het, en ook húlle die land wat die Here julle God vir hulle sal gee, die land wes van die Jordaan, in besit geneem het.”
DEUTERONOMIUM 3:21 (AFR83)
“Ek het destyds vir Josua gesê: ‘Jou twee oë het nou alles gesien wat die Here julle God met daardie twee konings gedoen het. So sal die Here doen met al die koninkryke waarnatoe jy nou gaan deurtrek.
DEUTERONOMIUM 3:22 (AFR83)
Moenie vir hulle bang wees nie. Die Here julle God sal vir julle veg.’
DEUTERONOMIUM 3:23 (AFR83)
“Dit was toe dat ek die Here gesmeek het:
DEUTERONOMIUM 3:24 (AFR83)
‘Here my God, U het begin om my u grootheid en u groot mag te laat ondervind. Watter god is daar, in die hemel of op die aarde, wat u magtige dade kan nadoen?
DEUTERONOMIUM 3:25 (AFR83)
Laat my tog nou deur die Jordaan gaan om hierdie mooi land te gaan bekyk, die mooi Bergwêreld en die Libanon.’
DEUTERONOMIUM 3:26 (AFR83)
Maar deur julle toedoen het die Here destyds vir my kwaad geword en daarom het Hy nie nou my gebed verhoor nie. Hy het vir my gesê: ‘Jy het nou al genoeg daaroor gepraat. Moenie weer met My oor hierdie saak praat nie.
DEUTERONOMIUM 3:27 (AFR83)
Klim eerder Pisgaberg uit en kyk na die weste en die noorde, die suide en die ooste. Kyk daarna, want jy sal nie hierdie Jordaan oorsteek nie.
DEUTERONOMIUM 3:28 (AFR83)
Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad, want hy moet voor hierdie volk uit deur die Jordaan trek en hy moet hulle die land wat jy sal sien, in besit laat neem.’
DEUTERONOMIUM 3:29 (AFR83)
Daarom het ons in die laagte teenoor Bet-Peor gebly.”
DEUTERONOMIUM 4:1 (AFR83)
“Israeliete, julle moet luister na die voorskrifte en die bepalings waarin ek julle onderrig. Julle moet daarvolgens lewe, dan sal julle bly lewe en die land binnegaan en in besit neem wat die Here die God van julle voorvaders vir julle sal gee.
DEUTERONOMIUM 4:2 (AFR83)
Moenie iets byvoeg by wat ek julle beveel nie en moet ook nie iets daarvan wegvat nie, maar gehoorsaam die Here julle God se gebooie wat ek julle gegee het.
DEUTERONOMIUM 4:3 (AFR83)
Julle eie oë het gesien wat die Here by Baäl-Peor gedoen het: elkeen wat vir Baäl-Peor gedien het, is deur die Here julle God tussen julle uit verdelg.
DEUTERONOMIUM 4:4 (AFR83)
Maar julle wat getrou gebly het aan die Here julle God, lewe vandag nog almal.
DEUTERONOMIUM 4:5 (AFR83)
Kyk, ek het julle die voorskrifte en die bepalings geleer soos die Here my God my beveel het. Julle moet daarvolgens lewe wanneer julle in die land kom en dit in besit neem.
DEUTERONOMIUM 4:6 (AFR83)
Gehoorsaam die voorskrifte en lewe daarvolgens, want daaraan sal die ander volke sien dat julle wysheid en insig het. Hulle sal van al hierdie voorskrifte hoor en sê: ‘Net hierdie groot nasie het wysheid en insig.’
DEUTERONOMIUM 4:7 (AFR83)
Watter groot nasie se god is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons tot Hom bid?
DEUTERONOMIUM 4:8 (AFR83)
Watter groot nasie se voorskrifte en bepalings is so billik as hierdie wet wat ek vandag vir julle gee?
DEUTERONOMIUM 4:9 (AFR83)
“Pas net op en wees baie versigtig om so lank julle leef, nie hierdie dinge wat julle gesien het, te vergeet of te verontagsaam nie. Julle moet dit alles vir julle kinders en julle kleinkinders inskerp.
DEUTERONOMIUM 4:10 (AFR83)
Julle moet hulle van dié dag laat leer toe julle by Horebberg gestaan het in die teenwoordigheid van die Here julle God, van dié dag toe Hy vir my gesê het: ‘Maak die volk vir My bymekaar dat Ek hulle my gebooie wat hulle moet ken, kan meedeel sodat hulle My kan dien so lank hulle in hierdie land lewe en sodat hulle my gebooie vir hulle kinders kan leer.’
DEUTERONOMIUM 4:11 (AFR83)
“Julle het toe nader gekom en aan die voet van die berg gaan staan. Die berg het gebrand, die vuur was tot in die hemel, en daar was 'n rookwolk wat dit stikdonker gemaak het.
DEUTERONOMIUM 4:12 (AFR83)
Toe het die Here uit die vuur uit met julle gepraat. Julle het woorde gehoor maar niemand gesien nie. Daar was net 'n stem.
DEUTERONOMIUM 4:13 (AFR83)
Die Here het julle die bepalings van sy verbond meegedeel en julle beveel om hulle te gehoorsaam: die tien gebooie wat Hy op die twee plat klippe geskryf het.