Soekresultate vir: Buy scannable Indiana driver
PREDIKER 2:24 (AFR83)
Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit 'n gawe uit die hand van God is.
PREDIKER 5:19 (AFR83)
So 'n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee.
PREDIKER 3:13 (AFR83)
Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.
SPREUKE 3:9 (AFR83)
Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes,
SPREUKE 3:10 (AFR83)
dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.
PREDIKER 5:18 (AFR83)
God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God.
PREDIKER 3:22 (AFR83)
Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk; dit is wat hom toekom. Wie kan hom laat sien wat ná hom sal gebeur?
PREDIKER 2:25 (AFR83)
Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie?
SPREUKE 11:24 (AFR83)
Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word.
PREDIKER 6:2 (AFR83)
God gee aan iemand rykdom, besittings en eer, en so iemand kom niks kort van wat hy begeer nie, maar God laat hom nie daarvan geniet nie, en iemand anders gebruik dit. Ook hier kom dit tot niks. Dit is bitter swaar.
PREDIKER 5:10 (AFR83)
As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie; al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou.
PREDIKER 5:11 (AFR83)
Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.
PREDIKER 7:14 (AFR83)
Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.
PREDIKER 2:3 (AFR83)
Ek het gewonder wat sal gebeur as ek my aan wyn oorgee maar tog nog op soek bly na wysheid, as ek soos 'n dwaas leef totdat ek vasgestel het wat die beste is waarmee 'n mens hom sy lewe lank in hierdie wêreld besig kan hou.
PREDIKER 3:12 (AFR83)
Ek het tot die insig gekom dat daar vir 'n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet.
SPREUKE 28:27 (AFR83)
Wie vir 'n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor.
PREDIKER 11:9 (AFR83)
Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie.
PREDIKER 2:26 (AFR83)
Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap. Maar die een met wie Hy nie tevrede is nie, kry die taak om op te gaar en bymekaar te maak en dit dan te gee aan een met wie God tevrede is. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.
PREDIKER 3:1 (AFR83)
Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:
SPREUKE 10:22 (AFR83)
Dit is die seën van die Here wat rykdom bring; jou geswoeg laat dit nie meer word nie.
PREDIKER 7:2 (AFR83)
Dit is beter om na 'n huis toe te gaan waar daar gerou word as na 'n huis waar daar feesgevier word. Elkeen wat lewe, moet ter harte neem wat die uiteinde van die mens is.
PREDIKER 8:15 (AFR83)
Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is onder al sy geswoeg tydens die lewe wat God hom in hierdie wêreld gee.
PREDIKER 9:7 (AFR83)
Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met 'n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen.
PREDIKER 3:15 (AFR83)
Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds. God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het.