Soekresultate vir: Buy online Wisconsin driver

SPREUKE 3:5 (AFR83)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

SPREUKE 3:6 (AFR83)

Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

PSALMS 37:5 (AFR83)

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

PSALMS 37:6 (AFR83)

Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.

JEREMIA 29:11 (AFR83)

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

JESAJA 41:10 (AFR83)

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

PSALMS 139:13 (AFR83)

U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.

PSALMS 139:14 (AFR83)

Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker:

PSALMS 139:15 (AFR83)

geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.

PSALMS 139:16 (AFR83)

U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.

PSALMS 139:17 (AFR83)

Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!

PSALMS 139:18 (AFR83)

As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.

PSALMS 139:19 (AFR83)

As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan weg van my af, julle moordenaars!

PSALMS 139:20 (AFR83)

Dit is hulle wat bose planne teen U smee, wat so vals teen U optree.

PSALMS 139:21 (AFR83)

Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie 'n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie?

PSALMS 139:22 (AFR83)

Ek haat hulle met 'n uiterste haat, want hulle is ook my vyande.

PSALMS 139:23 (AFR83)

Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.

PSALMS 139:24 (AFR83)

Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

MATTEUS 7:7 (AFR83)

“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word,

MATTEUS 7:8 (AFR83)

want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

MATTEUS 11:28 (AFR83)

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

ROMEINE 8:28 (AFR83)

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

FILIPPENSE 4:13 (AFR83)

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

FILIPPENSE 4:19 (AFR83)

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.