Soekresultate vir: Buy online Taiwan driver

GENESIS 24:14 (AFR83)

As ek vir 'n meisie vra: ‘Hou tog jou waterkruik dat ek kan drink,’ en sy antwoord: ‘Drink gerus, en ek sal jou kamele ook water gee,’ dan is dit sy wat deur U gekies is vir u dienaar, vir Isak, en dan sal ek weet dat U trou betoon aan my eienaar.”

GENESIS 24:15 (AFR83)

Voor hy nog klaar gebid het, kom Rebekka met die waterkruik op haar skouer daar aan. Sy was die dogter van Betuel, seun van Milka die vrou van Nahor, Abraham se broer.

GENESIS 24:16 (AFR83)

Die meisie was baie mooi, 'n jongmeisie met wie 'n man nog nie gemeenskap gehad het nie. Sy het afgegaan tot by die fontein en haar kruik vol gemaak en teruggeklim.

GENESIS 24:17 (AFR83)

Toe hardloop die slaaf haar tegemoet en sê vir haar: “Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink.”

GENESIS 24:18 (AFR83)

En sy sê: “Drink gerus, Meneer!” Sy laat toe gou haar kruik rus op haar hand, en laat hom water drink.

GENESIS 24:19 (AFR83)

Toe hy klaar gedrink het, sê sy: “Ek sal vir die kamele ook gaan water skep dat hulle genoeg kan drink.”

GENESIS 24:20 (AFR83)

Sy het gou haar kruik in die krip leeg gemaak en toe fontein toe gehardloop om nog water te skep. Sy het vir al die kamele geskep.

GENESIS 24:21 (AFR83)

Die man het haar in stilte aangekyk om vas te stel of die Here hom in sy onderneming laat slaag het of nie.

GENESIS 24:22 (AFR83)

Toe die kamele klaar gedrink het, sit hy 'n goue ring van ses gram aan haar neus en twee goue armbande van honderd en vyftien gram aan haar arms,

GENESIS 24:23 (AFR83)

en hy vra: “Wie se dogter is jy? Sê my tog, is daar in jou pa se huis plek vir ons om te oornag?”

GENESIS 24:24 (AFR83)

Sy het hom geantwoord: “Ek is die dogter van Betuel, die seun wat deur Milka vir Nahor in die wêreld gebring is.”

GENESIS 24:25 (AFR83)

Verder het sy gesê: “Ons het baie strooi en kameelvoer, en daar is plek om te oornag.”

GENESIS 24:26 (AFR83)

Toe het die man gekniel en tot die Here gebid:

GENESIS 24:27 (AFR83)

“Aan die Here die God van Abraham wie se slaaf ek is, kom die lof toe! Die Here het nie sy troue liefde van my eienaar weerhou nie en vir my het die Here reguit gelei na die huis van my eienaar se broer toe.”

GENESIS 24:28 (AFR83)

Die meisie het na haar ma se huis toe gehardloop en alles gaan vertel.

GENESIS 24:31 (AFR83)

Laban het vir hom gesê: “Kom saam! Jy is 'n man wat deur die Here geseën is. Waarom bly jy hier buite staan? Ek het vir jou plek reggemaak in my huis, en daar is ook plek vir die kamele.”

GENESIS 24:32 (AFR83)

Die man is toe saam huis toe, en Laban het die kamele laat afsaal en vir hulle voer gegee en strooi om op te lê. Vir die man het hy water gegee om sy voete te was en ook vir die mense by hom.

GENESIS 24:33 (AFR83)

Toe hulle vir die man kos bring om te eet, sê hy: “Ek sal nie eet voor ek my opdrag uitgevoer het nie.” Laban het gesê: “Praat gerus!”

GENESIS 24:34 (AFR83)

Toe sê die man: “Ek is 'n slaaf van Abraham.

GENESIS 24:35 (AFR83)

Die Here het my eienaar baie geseën en hy is ryk. Die Here het hom kleinvee en grootvee gegee, silwer en goud, slawe en slavinne, kamele en donkies.

GENESIS 24:36 (AFR83)

Sara, die vrou van my eienaar, het op gevorderde leeftyd vir hom 'n seun in die wêreld gebring, en hy is die erfgenaam.

GENESIS 24:37 (AFR83)

My eienaar het my 'n eed laat aflê toe hy vir my gesê het: ‘Jy mag nie my seun laat trou met 'n dogter van die Kanaäniete in wie se land ek woon nie.

GENESIS 24:38 (AFR83)

Nee, jy moet na my pa se huis toe gaan, na my familie toe, en vir my seun 'n vrou gaan haal.’