Soekresultate vir: Buy online Idaho driver

SPREUKE 3:9 (AFR83)

Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes,

SPREUKE 3:10 (AFR83)

dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

SPREUKE 3:11 (AFR83)

My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie,

SPREUKE 3:12 (AFR83)

want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun.

SPREUKE 3:13 (AFR83)

Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het,

SPREUKE 3:14 (AFR83)

want dit bring meer winste in as silwer en lewer 'n groter opbrengs as goud.

SPREUKE 3:15 (AFR83)

Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie.

SPREUKE 3:16 (AFR83)

Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe en met die ander rykdom en eer.

SPREUKE 3:17 (AFR83)

Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe.

SPREUKE 3:18 (AFR83)

Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp, dit gaan goed met dié wat daaraan vashou.

SPREUKE 3:19 (AFR83)

Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê en die hemel gebou met insig.

SPREUKE 3:20 (AFR83)

Deur sy kennis is die groot waters van mekaar geskei en drup die wolke van vog.

SPREUKE 3:21 (AFR83)

My seun, behou die takt en oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie,

SPREUKE 3:22 (AFR83)

dit sal vir jou 'n mooi lewe verseker en soos 'n pragtige halssnoer vir jou wees;

SPREUKE 3:23 (AFR83)

jy sal jou pad veilig loop en jou voet nie stamp nie;

SPREUKE 3:24 (AFR83)

jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lê, sal jy rustig slaap.

SPREUKE 3:25 (AFR83)

Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie,

SPREUKE 3:26 (AFR83)

want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie.

SPREUKE 3:27 (AFR83)

Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie.

SPREUKE 3:28 (AFR83)

Moenie vir iemand sê: “Gaan eers terug en kom môre weer, dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie.

SPREUKE 3:29 (AFR83)

Moenie kwaad teen iemand beplan terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.

SPREUKE 3:30 (AFR83)

Moenie 'n man sommer aankla as hy jou nie kwaad aangedoen het nie.

SPREUKE 3:31 (AFR83)

Moenie 'n man wat sy mag misbruik, beny nie en moenie self soos hy maak nie,

SPREUKE 3:32 (AFR83)

want die Here het 'n afkeer van 'n slegte mens, maar neem mense wat reg lewe, in sy vertroue.

SPREUKE 3:33 (AFR83)

Die vloek van die Here rus op die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van dié wat aan Hom getrou is.