Soekresultate vir: Buy fake VIC driver

SPREUKE 3:9 (AFR83)

Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes,

SPREUKE 3:10 (AFR83)

dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

SPREUKE 11:1 (AFR83)

Die Here het 'n afsku van 'n skaal wat nie reg weeg nie; net die regte gewig dra sy goedkeuring weg.

SPREUKE 11:2 (AFR83)

Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid.

SPREUKE 16:8 (AFR83)

Liewer min hê en reg lewe as baie inkomste hê deur onreg.

SPREUKE 16:11 (AFR83)

Die norme vir die regspraak kom van die Here af; Hy bepaal die maatstawwe.

SPREUKE 20:7 (AFR83)

Wie reg doen en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed.

SPREUKE 20:23 (AFR83)

Die Here het 'n afsku van gewigte wat nou sus en dan so is; 'n skaal wat nie reg weeg nie, is vir Hom nie goed nie.

SPREUKE 22:1 (AFR83)

'n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud.

SPREUKE 22:4 (AFR83)

Wie nederig is, dien die Here en ontvang rykdom, eer en lewe.

SPREUKE 22:29 (AFR83)

Jy sien self: iemand wat vaardig is in sy werk, kom in die diens van konings, nie in die diens van mense sonder aansien nie.

SPREUKE 25:11 (AFR83)

Goue appels wat in silwer gemonteer is, so is die regte woord op die regte tyd.

SPREUKE 28:6 (AFR83)

Liewer arm wees en eerbaar lewe as oneerlik lewe en ryk wees.

SPREUKE 28:20 (AFR83)

'n Betroubare man is baie voorspoedig; een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.

SPREUKE 31:30 (AFR83)

Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.

PREDIKER 5:10 (AFR83)

As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie; al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou.

PREDIKER 5:11 (AFR83)

Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.

JESAJA 5:20 (AFR83)

Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter.

JESAJA 5:21 (AFR83)

Ellende wag vir dié wat dink hulle het die wysheid in pag, wat dink hulle het baie verstand.

JESAJA 55:8 (AFR83)

My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here;

JESAJA 55:9 (AFR83)

soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.

MATTEUS 6:19 (AFR83)

“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie.

MATTEUS 6:20 (AFR83)

Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.

MATTEUS 6:21 (AFR83)

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

MATTEUS 6:24 (AFR83)

“Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”