Soekresultate vir: Buy Maine driver
MATTEUS 6:33 (AFR83)
Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
SPREUKE 22:29 (AFR83)
Jy sien self: iemand wat vaardig is in sy werk, kom in die diens van konings, nie in die diens van mense sonder aansien nie.
1 TIMOTEUS 6:10 (AFR83)
Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.
PSALMS 1:1 (AFR83)
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,
PSALMS 1:2 (AFR83)
maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.
PSALMS 1:3 (AFR83)
Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
SPREUKE 3:9 (AFR83)
Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes,
SPREUKE 3:10 (AFR83)
dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.
SPREUKE 16:3 (AFR83)
Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.
SPREUKE 27:23 (AFR83)
Sorg dat jy weet wat jou kleinvee nodig het, gee aandag aan jou veetroppe.
SPREUKE 28:19 (AFR83)
Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, word brandarm.
PREDIKER 5:10 (AFR83)
As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie; al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou.
PREDIKER 5:11 (AFR83)
Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.
PREDIKER 11:9 (AFR83)
Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie.
PREDIKER 11:10 (AFR83)
Hou kommer uit jou hart en vermy wat jou liggaam kan kwaad doen. Ook die jeug en die jonkheid kom tot niks.
GALASIËRS 6:7 (AFR83)
Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes.
GALASIËRS 6:8 (AFR83)
Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.
HEBREËRS 13:5 (AFR83)
Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”
JEREMIA 17:11 (AFR83)
'n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê het nie, dit is die mens wat op oneerlike wyse ryk word. Hy sal sy rykdom moet agterlaat in die fleur van sy lewe, sy uiteinde is dié van 'n dwaas.
LUKAS 12:15 (AFR83)
Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.”
LUKAS 12:48 (AFR83)
Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal 'n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.”
MATTEUS 6:24 (AFR83)
“Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”
MATTEUS 6:25 (AFR83)
“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?
MATTEUS 19:23 (AFR83)
Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Dit verseker Ek julle: 'n Ryk mens sal moeilik in die koninkryk van die hemel kom.
MATTEUS 19:24 (AFR83)
Ek stel dit nog sterker: Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.”