Soekresultate vir: Accademia di Belle Arti dell

JESAJA 40:31 (AFR83)

maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

PSALMS 23:1 (AFR83)

'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

PSALMS 23:2 (AFR83)

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.

PSALMS 23:3 (AFR83)

Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

PSALMS 23:4 (AFR83)

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

PSALMS 23:5 (AFR83)

U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

PSALMS 23:6 (AFR83)

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

JOHANNES 10:11 (AFR83)

“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

JOHANNES 10:10 (AFR83)

'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

SPREUKE 3:5 (AFR83)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

SPREUKE 3:6 (AFR83)

Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

MATTEUS 6:33 (AFR83)

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

GALASIËRS 5:22 (AFR83)

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,

GALASIËRS 5:23 (AFR83)

nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.

ROMEINE 15:13 (AFR83)

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

FILIPPENSE 4:13 (AFR83)

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

KOLOSSENSE 3:2 (AFR83)

Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie,

HEBREËRS 11:1 (AFR83)

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

1 PETRUS 1:7 (AFR83)

sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.

1 JOHANNES 4:7 (AFR83)

Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God.

1 JOHANNES 4:8 (AFR83)

Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.

1 JOHANNES 4:9 (AFR83)

Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.

1 JOHANNES 4:10 (AFR83)

Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.

1 JOHANNES 4:11 (AFR83)

Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê.