Soekresultate vir: 1 Sameul 21:5

PSALMS 21:5 (AFR83)

Lewe het hy van U gevra; U het hom dit gegee – 'n lang, lang lewe.

2 KRONIEKE 21:5 (AFR83)

Hy was twee en dertig toe hy koning geword het en het ag jaar lank in Jerusalem geregeer.

JOB 21:5 (AFR83)

Kyk na my, dan sal julle verstom staan en van verbasing die hand op die mond lê.

1 SAMUEL 21:3 (AFR83)

Maar nou iets anders: wat het u byderhand? Gee my tog vyf brode of net wat u beskikbaar het.”

1 SAMUEL 21:7 (AFR83)

Een van Saul se slawe moes daardie dag in die tempel deurbring. Sy naam was Doëg. Hy was 'n Edomiet, die hoof van Saul se veewagters.

1 SAMUEL 21:6 (AFR83)

Die priester het toe aan hom gewyde brood gegee, want daar was nie gewone brood nie, net die offerbrood wat op 'n bepaalde tyd uit die tempel verwyder word om dit deur vars brood te vervang.

1 SAMUEL 21:15 (AFR83)

Het ek behoefte aan mal mense dat julle hierdie een na my toe bring om by my mal te wees? Moet hý in my huis inkom?”

1 SAMUEL 21:2 (AFR83)

Dawid het vir die priester Agimelek gesê: “Die koning het my 'n opdrag gegee en gesê: ‘Niemand mag iets weet van die saak waarvoor ek jou stuur en wat ek jou beveel nie.’ Ek het my manskappe op 'n sekere plek bestel.

1 SAMUEL 21:8 (AFR83)

Dawid het ook vir Agimelek gesê: “Is hier nie miskien 'n spies of 'n swaard byderhand nie? Ek kon selfs nie eens my swaard of my ander wapens vat nie, want die saak van die koning was dringend.”

1 SAMUEL 21:10 (AFR83)

Hierná het Dawid klaargemaak en dieselfde dag nog van Saul af weggevlug na koning Akis van Gat toe.

1 SAMUEL 21:12 (AFR83)

Toe Dawid besef wat hulle sê, het hy baie bang geword vir koning Akis van Gat.

1 SAMUEL 21:13 (AFR83)

Daarom het Dawid hom voor die Filistyne waansinnig gehou, en terwyl hy by hulle was, het hy hom soos 'n mal mens gedra. Hy het teen die deure van die poort gekrap en sy spoeg in sy baard laat afloop.

1 SAMUEL 21:4 (AFR83)

Die priester het Dawid geantwoord: “Ek het nie gewone brood byderhand nie, hier is net gewyde brood. As die manskappe hulle tog maar van vrouens weerhou het.”

1 SAMUEL 21:14 (AFR83)

Akis het vir sy amptenare gesê: “Julle kan mos sien die man is mal. Waarom bring julle hom na my toe?

1 SAMUEL 21:11 (AFR83)

Akis se amptenare het vir hom gesê: “Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Sing hulle nie vir hom in koordanse nie: “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!”

1 SAMUEL 21:1 (AFR83)

Dawid het in Nob by die priester Agimelek gekom. Agimelek het Dawid ontsteld tegemoet gegaan en gevra: “Waarom is u alleen? Waarom is daar niemand by u nie?”

1 SAMUEL 21:9 (AFR83)

Die priester het hom geantwoord: “Die swaard van Goliat die Filistyn, vir wie u in die dal by die groot boom verslaan het, is hier, toegedraai in 'n mantel agter die skouerkleed. Vat dit vir u as u wil, want in hierdie plek is daar niks behalwe hierdie een nie.” En Dawid sê: “Daar is nie nog so een nie. Gee dit vir my.”

PSALMS 121:5 (AFR83)

Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare.

1 SAMUEL 1:13 (AFR83)

Hanna het in haar gedagte gepraat, net haar lippe het geroer. Eli kon nie haar stem hoor nie, en daarom het hy gedink sy is dronk.

1 SAMUEL 1:2 (AFR83)

Hy het twee vrouens gehad. Die een se naam was Hanna en die ander s'n Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna nie.

1 SAMUEL 1:6 (AFR83)

Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het.

1 SAMUEL 1:8 (AFR83)

Dan sê haar man Elkana vir haar: “Hanna, waarom huil jy? Waarom eet jy nie en waarom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”

1 SAMUEL 1:9 (AFR83)

Op 'n keer ná die offermaaltyd in Silo het Hanna opgestaan terwyl die priester Eli op sy stoel langs die deurkosyn van die tempel van die Here gesit het.

1 SAMUEL 1:3 (AFR83)

Elkana het elke jaar uit sy stad uit na Silo toe gegaan om te aanbid en aan die Here die Almagtige offers te bring. Eli se twee seuns, Hofni en Pinehas, was in Silo priesters van die Here.

1 SAMUEL 1:27 (AFR83)

Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid