Soekresultate vir: 1 Chronicles 15
1 KORINTIËRS 15:1 (AFR83)
Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan.
1 KORINTIËRS 15:2 (AFR83)
Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.
1 KORINTIËRS 15:3 (AFR83)
Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte;
1 KORINTIËRS 15:4 (AFR83)
Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.
1 KORINTIËRS 15:5 (AFR83)
Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf,
1 KORINTIËRS 15:6 (AFR83)
en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe.
1 KORINTIËRS 15:7 (AFR83)
Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels.
1 KORINTIËRS 15:8 (AFR83)
Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.
1 KORINTIËRS 15:9 (AFR83)
Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het.
1 KORINTIËRS 15:10 (AFR83)
Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.
1 KORINTIËRS 15:11 (AFR83)
In elk geval, of dit ek is of hulle – dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het.
1 KORINTIËRS 15:12 (AFR83)
As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie?
1 KORINTIËRS 15:13 (AFR83)
As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie.
1 KORINTIËRS 15:14 (AFR83)
En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud.
1 KORINTIËRS 15:15 (AFR83)
Verder sou dit beteken dat ons vals getuienis oor God afgelê het, omdat ons teen God in getuig het dat Hy Christus opgewek het. As dit dan waar is dat die dooies nie opgewek word nie, het Hy Christus ook nie opgewek nie.
1 KORINTIËRS 15:16 (AFR83)
As die dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie.
1 KORINTIËRS 15:17 (AFR83)
En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes.
1 KORINTIËRS 15:18 (AFR83)
Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore.
1 KORINTIËRS 15:19 (AFR83)
As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.
1 KORINTIËRS 15:20 (AFR83)
Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het.
1 KORINTIËRS 15:21 (AFR83)
Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom.
1 KORINTIËRS 15:22 (AFR83)
Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.
1 KORINTIËRS 15:23 (AFR83)
Maar daar is 'n volgorde: die eersteling is Christus, daarna, by Christus se koms, dié wat aan Hom behoort.
1 KORINTIËRS 15:24 (AFR83)
Daarna kom die einde, wanneer Hy die koningskap aan God die Vader oordra, nadat Hy elke mag, elke gesag en krag vernietig het.
1 KORINTIËRS 15:25 (AFR83)
Hy moet as koning heers totdat die Vader al sy vyande aan Hom onderwerp het.