Soekresultate

SPREUKE 3:5 (AFR83)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

SPREUKE 3:6 (AFR83)

Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

PSALMS 23:1 (AFR83)

'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

PSALMS 23:2 (AFR83)

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.

PSALMS 23:3 (AFR83)

Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

PSALMS 23:4 (AFR83)

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

PSALMS 23:5 (AFR83)

U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

PSALMS 23:6 (AFR83)

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

JOHANNES 14:26 (AFR83)

en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

JOHANNES 14:27 (AFR83)

“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

FILIPPENSE 4:6 (AFR83)

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

FILIPPENSE 4:7 (AFR83)

En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

1 PETRUS 5:7 (AFR83)

Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

JESAJA 41:10 (AFR83)

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

JESAJA 41:13 (AFR83)

Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou.

JEREMIA 29:11 (AFR83)

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

JEREMIA 29:12 (AFR83)

Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.

JEREMIA 29:13 (AFR83)

Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.

MATTEUS 6:33 (AFR83)

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

MATTEUS 6:34 (AFR83)

“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

LUKAS 11:9 (AFR83)

“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word.

LUKAS 11:10 (AFR83)

Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

ROMEINE 8:28 (AFR83)

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.