Soekresultate

SPREUKE 3:5 (AFR83)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

PSALMS 37:5 (AFR83)

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

JESAJA 41:10 (AFR83)

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

JEREMIA 29:11 (AFR83)

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

2 KORINTIËRS 5:7 (AFR83)

want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.

FILIPPENSE 4:13 (AFR83)

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

KOLOSSENSE 3:2 (AFR83)

Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie,

1 TESSALONISENSE 5:11 (AFR83)

Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen.

HEBREËRS 11:1 (AFR83)

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.