Soekresultate

SPREUKE 16:3 (AFR83)

Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.

PSALMS 37:5 (AFR83)

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

SPREUKE 3:5 (AFR83)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

SPREUKE 3:6 (AFR83)

Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

PSALMS 119:105 (AFR83)

U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.

JESAJA 48:17 (AFR83)

So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan.

JEREMIA 29:11 (AFR83)

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

MATTEUS 7:7 (AFR83)

“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word,

MATTEUS 7:8 (AFR83)

want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

MATTEUS 11:28 (AFR83)

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

LUKAS 11:9 (AFR83)

“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word.

LUKAS 11:10 (AFR83)

Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

JOHANNES 14:27 (AFR83)

“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

JOHANNES 15:7 (AFR83)

As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

FILIPPENSE 4:6 (AFR83)

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

FILIPPENSE 4:7 (AFR83)

En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

FILIPPENSE 4:13 (AFR83)

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

KOLOSSENSE 3:2 (AFR83)

Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie,

KOLOSSENSE 3:3 (AFR83)

want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

KOLOSSENSE 3:10 (AFR83)

en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.

1 TESSALONISENSE 4:3 (AFR83)

Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid.

1 TESSALONISENSE 5:23 (AFR83)

Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!

2 TIMOTEUS 2:15 (AFR83)

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as 'n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, 'n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.

HEBREËRS 4:12 (AFR83)

Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.