Soekresultate
SPREUKE 3:9 (AFR83)
Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes,
SPREUKE 3:10 (AFR83)
dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.
SPREUKE 16:3 (AFR83)
Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.
SPREUKE 22:29 (AFR83)
Jy sien self: iemand wat vaardig is in sy werk, kom in die diens van konings, nie in die diens van mense sonder aansien nie.
NUMERI 18:21 (AFR83)
“Vir die dienswerk wat die Leviete in die tent van ontmoeting verrig, gee Ek aan hulle as hulle besitting al die tiendes wat die Israeliete as offergawes bring.
LEVITIKUS 27:30 (AFR83)
“Een tiende van al die produkte van die land behoort aan die Here, of dit nou graan of vrugte is. Dit is aan die Here gewy.
DEUTERONOMIUM 14:22 (AFR83)
“Jy moet elke jaar 'n tiende van die opbrengs van jou gesaaides, van wat op jou land groei, opsy sit:
ESRA 7:24 (AFR83)
Neem ook kennis dat julle nie gemagtig is om belasting, heffing of tol te eis van enige priester, Leviet, tempelsanger, poortwag, tempelslaaf of enigeen wat in die tempel van hierdie God werk nie.
NEHEMIA 10:37 (AFR83)
“Ons sal die eerste deeg ná die oes, ons offergawes en die eerstelinge van alles wat ons bome oplewer, van ons wyn en olie, na die opslagplekke van die huis van ons God bring vir die priesters, en die tiendes van ons gesaaides vir die Leviete. “Die Leviete sal tiendes insamel in al die stede waar ons werk.
2 KRONIEKE 31:5 (AFR83)
Namate die bevel bekend geword het, het die Israeliete die eerste opbrengste aan koring, wyn, olie, heuning en alles wat die land opgelewer het, ingebring, en ook die tiendes van alles, in groot hoeveelhede.
MALEAGI 3:8 (AFR83)
Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes.
MATTEUS 22:21 (AFR83)
“Die keiser s'n,” antwoord hulle. Jesus sê vir hulle: “Gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.”
LUKAS 14:28 (AFR83)
“Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?
LUKAS 20:25 (AFR83)
Toe sê Hy vir hulle: “Nou ja, gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.”
TITUS 3:14 (AFR83)
Ons mense moet ook leer om met eerlike werk in die noodsaaklike lewensbehoeftes te voorsien. Dan sal hulle lewe nie onvrugbaar wees nie.
HEBREËRS 7:2 (AFR83)
en dit is ook aan hom dat Abraham 'n tiende van al die oorlogsbuit gegee het. In die eerste plek, sy naam Melgisedek beteken: koning van geregtigheid; en hy was ook koning van Salem, en dit beteken: koning van vrede.
HEBREËRS 7:4 (AFR83)
Let nou op hoe groot hierdie man was aan wie Abraham, die stamvader, 'n tiende van die beste oorlogsbuit gegee het.
HEBREËRS 12:28 (AFR83)
Laat ons wat 'n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil,
GENESIS 28:22 (AFR83)
Hierdie klippilaar wat ek regop gesit het, sal 'n tempel wees, en van alles wat U my gee, sal ek vir U 'n tiende gee.”
SPREUKE 3:27 (AFR83)
Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie.
JESAJA 58:12 (AFR83)
Jou mense sal die ou puinhope herbou, die fondamente herstel wat al geslagte lank bestaan. Jy sal bekend staan as 'n volk wat sy afgebreekte mure herbou, wat sy strate herstel sodat daar weer mense kan woon.
HAGGAI 2:19 (AFR83)
Is daar nog saad in die skuur? Tot nou toe het julle wingerde, julle vyebome, julle granaatbome en julle olyfbome nie gedra nie, maar van nou af sal Ek voorspoed gee!
SAGARIA 7:10 (AFR83)
moenie die weduwee en die weeskind, die vreemdeling en die arme verdruk nie; moenie bose planne teen mekaar bedink nie.
MALEAGI 3:10 (AFR83)
Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.
LEVITIKUS 23:40 (AFR83)
Op die eerste dag moet julle sitrusvrugte neem saam met palmblare en takke van digte bome en rivierwilgers, en dan moet julle sewe dae lank met vreugde feesvier by die heiligdom van die Here julle God.