Soekresultate
SPREUKE 16:3 (AFR83)
Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.
SPREUKE 3:5 (AFR83)
Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.
PSALMS 37:5 (AFR83)
Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
JEREMIA 29:13 (AFR83)
Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.
MATTEUS 6:33 (AFR83)
Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
NUMERI 6:24 (AFR83)
“Die Here sal julle seën en julle beskerm;
SPREUKE 2:6 (AFR83)
Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig.
PSALMS 119:105 (AFR83)
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
PREDIKER 5:2 (AFR83)
Baie doenigheid bring drome, baie praat lei tot onverstandige woorde.
JOHANNES 14:26 (AFR83)
en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
ROMEINE 12:2 (AFR83)
Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
1 PETRUS 4:11 (AFR83)
As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! Amen.
KOLOSSENSE 3:23 (AFR83)
Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
FILIPPENSE 4:13 (AFR83)
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
GALASIËRS 6:9 (AFR83)
Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.
HEBREËRS 12:1 (AFR83)
Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,
1 TESSALONISENSE 5:21 (AFR83)
maar toets dit alles, behou wat goed is,
DIE OPENBARING 3:8 (AFR83)
Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het 'n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.
JAKOBUS 1:5 (AFR83)
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.
JESAJA 40:31 (AFR83)
maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
PSALMS 1:1 (AFR83)
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,
PSALMS 23:1 (AFR83)
'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
PSALMS 121:2 (AFR83)
My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
SPREUKE 4:7 (AFR83)
Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het, om insig te kry!
SPREUKE 1:7 (AFR83)
Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.