Soekresultate

SPREUKE 16:3 (AFR83)

Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.

PREDIKER 5:19 (AFR83)

So 'n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee.

PSALMS 37:5 (AFR83)

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

PSALMS 119:105 (AFR83)

U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.

SPREUKE 3:5 (AFR83)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

NUMERI 6:24 (AFR83)

“Die Here sal julle seën en julle beskerm;

HEBREËRS 13:5 (AFR83)

Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

SPREUKE 3:6 (AFR83)

Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

JESAJA 58:11 (AFR83)

Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

SPREUKE 22:29 (AFR83)

Jy sien self: iemand wat vaardig is in sy werk, kom in die diens van konings, nie in die diens van mense sonder aansien nie.

JOB 22:21 (AFR83)

“Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef, en so sal jy voorspoed hê.

PREDIKER 9:1 (AFR83)

Dit alles het ek ter harte geneem en ek het bevind: God regeer oor dié wat reg doen en wysheid het, en oor wat hulle doen. Niemand weet of daar vir hom liefde of haat wag nie.

SPREUKE 4:7 (AFR83)

Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het, om insig te kry!

PSALMS 19:14 (AFR83)

Weerhou my van opsetlike sondes, laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek onberispelik wees en vry van hierdie groot sonde.

SPREUKE 2:6 (AFR83)

Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig.

PSALMS 119:9 (AFR83)

Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!

2 KORINTIËRS 4:18 (AFR83)

Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

KOLOSSENSE 3:2 (AFR83)

Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie,

ROMEINE 12:2 (AFR83)

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

2 PETRUS 3:18 (AFR83)

Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen.

FILIPPENSE 4:8 (AFR83)

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.

1 TESSALONISENSE 5:21 (AFR83)

maar toets dit alles, behou wat goed is,

SPREUKE 18:15 (AFR83)

'n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis.