Soekresultate vir: 为什么现在的房产证是不动产<网址:bzw985.com>衢州香港留学存款证明需要冻结吗-孝感办毕业证(证件网:bzw985.com)西肯塔基大学 Art diploma

SPREUKE 2:6 (AFR83)

Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig.

SPREUKE 2:7 (AFR83)

Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe.

SPREUKE 2:8 (AFR83)

Hy sien toe dat reg geskied, Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars.

SPREUKE 2:10 (AFR83)

Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem, kennis sal vir jou iets aangenaams word,

SPREUKE 2:11 (AFR83)

oordeelkundigheid sal oor jou wag hou en verstandigheid sal jou bewaak.

SPREUKE 3:5 (AFR83)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

SPREUKE 3:6 (AFR83)

Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

SPREUKE 4:5 (AFR83)

Sorg dat jy wysheid bekom, en insig! Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie;

SPREUKE 4:6 (AFR83)

maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm; as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar.

SPREUKE 4:7 (AFR83)

Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het, om insig te kry!

SPREUKE 4:23 (AFR83)

Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

JAKOBUS 1:5 (AFR83)

As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.