Soekresultate vir: wysheid

JOB 12:12 (AFR83)

“Wysheid kom in die gryse ouderdom en insig na baie jare.

LUKAS 7:35 (AFR83)

Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”

SPREUKE 21:30 (AFR83)

Teenoor die Here geld geen menslike wysheid, insig of besluit nie.

JOB 4:21 (AFR83)

hulle gaan tot niet, hulle sterf sonder dat hulle wysheid verwerf het.’

JOB 12:13 (AFR83)

By God is wysheid en krag, by Hom is raad en insig.

SPREUKE 13:10 (AFR83)

Selfverheffing lei altyd tot twis; dié wat goeie raad aanneem, het wysheid.

SPREUKE 8:12 (AFR83)

“Ek, Wysheid, het die verstand, ek het die kennis en die skranderheid.

JOB 28:20 (AFR83)

Die wysheid, waar kom dit vandaan? Waar is die woonplek van die insig?

JAKOBUS 3:15 (AFR83)

Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies,

JOB 39:20 (AFR83)

God het nie vir haar wysheid gegee nie, sy het geen verstand nie,

SPREUKE 30:3 (AFR83)

Ek het nie wysheid geleer nie, ek ken nie die heilige God nie.

SPREUKE 30:24 (AFR83)

Daar is vier goed in die wêreld wat klein is maar buitengewone wysheid het:

SPREUKE 9:11 (AFR83)

As jy wysheid het, sal jy lank lewe, jou lewensjare sal vermeerder word.

JOB 32:7 (AFR83)

Ek het gedink: laat die ouderdom praat, laat die ervaring sy wysheid meedeel.

SPREUKE 2:2 (AFR83)

hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

1 KORINTIËRS 1:25 (AFR83)

Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.

PREDIKER 1:17 (AFR83)

Ek het my daarop toegelê om te verstaan wat wysheid en kennis is, en wat dit is om 'n gebrek aan wysheid en kennis te hê. Ek het vasgestel: ook dit is 'n gejaag na wind.

DEUTERONOMIUM 4:6 (AFR83)

Gehoorsaam die voorskrifte en lewe daarvolgens, want daaraan sal die ander volke sien dat julle wysheid en insig het. Hulle sal van al hierdie voorskrifte hoor en sê: ‘Net hierdie groot nasie het wysheid en insig.’

KOLOSSENSE 2:3 (AFR83)

en in Hom is al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind.

2 KRONIEKE 9:22 (AFR83)

Koning Salomo het al die konings van die aarde oortref in rykdom en wysheid.

PREDIKER 7:11 (AFR83)

Wysheid saam met besittings is goed; dit is 'n voordeel vir elkeen wat leef.

PREDIKER 9:18 (AFR83)

Wysheid is beter as wapens, maar een misstap kan baie wat goed is, bederf.

EFESIËRS 1:8 (AFR83)

wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het.

1 KONINGS 10:23 (AFR83)

Koning Salomo het al die konings van die aarde oortref in rykdom en wysheid.

JOB 28:12 (AFR83)

Maar die wysheid, waar word dié gevind, waar is die woonplek van die insig?

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid