Soekresultate vir: wysheid

JAKOBUS 1:5 (AFR83)

As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

SPREUKE 1:7 (AFR83)

Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.

SPREUKE 2:6 (AFR83)

Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig.

1 KORINTIËRS 1:30 (AFR83)

Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing.

JAKOBUS 3:17 (AFR83)

Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.

SPREUKE 8:11 (AFR83)

Ek, Wysheid, is kosbaarder as edelstene; wat jy ook al as baie werd beskou, teen my weeg dit nie op nie.

SPREUKE 3:5 (AFR83)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

EFESIËRS 5:15 (AFR83)

Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.

SPREUKE 12:15 (AFR83)

In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad.

KOLOSSENSE 3:16 (AFR83)

Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.

SPREUKE 14:16 (AFR83)

Wie wysheid het, is versigtig en vermy die kwaad; wie wysheid kortkom, is roekeloos en selfversekerd.

SPREUKE 4:7 (AFR83)

Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het, om insig te kry!

PREDIKER 7:12 (AFR83)

Wysheid bied beskerming soos geld beskerming bied; kennis en wysheid verryk die lewe van hom wat dit besit.

PREDIKER 7:23 (AFR83)

Ek het alles met die hulp van wysheid getoets. Ek wou wysheid bekom, maar dit het buite my bereik gebly.

PREDIKER 8:1 (AFR83)

Wie het werklik wysheid? Wie kan verklaar wat gebeur? Wysheid maak 'n mens vriendelik, dit verander 'n strak gesig.

SPREUKE 11:2 (AFR83)

Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid.

SPREUKE 21:11 (AFR83)

As jy 'n ligsinnige mens laat boet vir sy dade, leer onervare mense wysheid daaruit; as jy iemand onderrig wat wysheid het, leer hy self daaruit.

1 KORINTIËRS 1:22 (AFR83)

Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid,

SPREUKE 3:17 (AFR83)

Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe.

PSALMS 90:12 (AFR83)

Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.

PREDIKER 9:15 (AFR83)

In die stad was 'n arm man met baie wysheid, en hy het die stad deur sy wysheid gered. Maar niemand het die arm man onthou nie.

JEREMIA 49:7 (AFR83)

Oor Edom. So sê die Here die Almagtige: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Het die manne met insig nie meer raad nie? Het hulle wysheid verdwyn?

SPREUKE 9:1 (AFR83)

Wysheid het vir haar 'n huis gebou met sewe klippilare.

PREDIKER 1:18 (AFR83)

Baie wysheid stel hoë eise, wie kennis versamel, versamel smart.

SPREUKE 16:16 (AFR83)

Probeer liewer wysheid bekom as goud, liewer insig as silwer.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid