Soekresultate vir: Psalms 91:2

PSALMS 91:2 (AFR83)

hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”

PSALMS 91:1 (AFR83)

Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet,

PSALMS 91:3 (AFR83)

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte.

PSALMS 91:4 (AFR83)

Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou 'n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.

PSALMS 91:5 (AFR83)

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag,

PSALMS 91:6 (AFR83)

vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.

PSALMS 91:7 (AFR83)

Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.

PSALMS 91:8 (AFR83)

Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word.

PSALMS 91:9 (AFR83)

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer,

PSALMS 91:10 (AFR83)

sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

PSALMS 91:11 (AFR83)

Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

PSALMS 91:12 (AFR83)

Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

PSALMS 91:13 (AFR83)

Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange sal jy doodtrap.

PSALMS 91:14 (AFR83)

“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.

PSALMS 91:15 (AFR83)

Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

PSALMS 91:16 (AFR83)

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee en oor my hulp sal hy hom verbly.”

PSALMS 119:91 (AFR83)

Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas, alles is aan U onderworpe.

PSALMS 2:2 (AFR83)

Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde en sê:

PSALMS 2:7 (AFR83)

Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader.

PSALMS 2:8 (AFR83)

Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting.

PSALMS 2:12 (AFR83)

en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou. Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek.

PSALMS 2:1 (AFR83)

Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne – en dit tevergeefs?

PSALMS 2:5 (AFR83)

Hy spreek hulle aan in sy toorn, in sy gramskap jaag Hy hulle op loop:

PSALMS 2:10 (AFR83)

Wees dan nou verstandig, konings, wees gewaarsku, regeerders van die aarde!

PSALMS 2:3 (AFR83)

“Kom ons maak ons vry en gooi hulle juk af!”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid