Soekresultate vir: Psalms 107:11-43
PSALMS 107:11 (AFR83)
want hulle het hulle verset teen die bevele van God, hulle het die leiding van die Allerhoogste in die wind geslaan.
PSALMS 107:12 (AFR83)
Hy het hulle laat knak onder swaarkry, hulle het inmekaar gesak, en niemand het gehelp nie.
PSALMS 107:13 (AFR83)
Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende.
PSALMS 107:14 (AFR83)
Hy het hulle uit die donker, uit die diep duisternis, laat uitkom, Hy het hulle boeie stukkend gebreek.
PSALMS 107:15 (AFR83)
Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen,
PSALMS 107:16 (AFR83)
want Hy het koperdeure oopgebreek, ystergrendels stukkend geslaan.
PSALMS 107:17 (AFR83)
Party het dwaas opgetree, en deur hulle rebelse optrede, hulle sonde, het hulle in die ellende beland.
PSALMS 107:18 (AFR83)
Alle kos het hulle laat walg, en hulle het by die dood omgedraai,
PSALMS 107:19 (AFR83)
maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende.
PSALMS 107:20 (AFR83)
Hy het hulle met 'n enkele woord gesond gemaak, hulle aan die dood laat ontkom.
PSALMS 107:21 (AFR83)
Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
PSALMS 107:22 (AFR83)
Hulle moet dankoffers bring en met blydskap van sy dade getuig.
PSALMS 107:23 (AFR83)
Party het met skepe die see bevaar en hulle bestaan op die groot waters gemaak.
PSALMS 107:24 (AFR83)
Hulle het die werk van die Here ervaar, sy wonderdade op die diep waters.
PSALMS 107:25 (AFR83)
Op sy bevel het 'n stormwind opgesteek en die golwe opgejaag.
PSALMS 107:26 (AFR83)
Die skepe het hemelhoog gestyg en na die dieptes afgeduik. Die bemanning was radeloos van angs
PSALMS 107:27 (AFR83)
en het soos dronk mense gesteier en gewaggel; al hulle seemanskuns het niks gehelp nie.
PSALMS 107:28 (AFR83)
Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei.
PSALMS 107:29 (AFR83)
Hy het die stormwind stilgemaak, en die golwe van die see het bedaar.
PSALMS 107:30 (AFR83)
Die seevaarders het hulle verheug oor die kalmte. God het hulle veilig gelei na die hawe waar hulle wou kom.
PSALMS 107:31 (AFR83)
Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
PSALMS 107:32 (AFR83)
Hulle moet van sy grootheid getuig in die volksvergadering, Hom prys in die byeenkoms van die leiers.
PSALMS 107:33 (AFR83)
Hy verander waterryke gebied in woestyn, fonteinwêreld in dorsland,
PSALMS 107:34 (AFR83)
Hy maak vrugbare grond brak oor die slegte dade van dié wat daar woon.
PSALMS 107:35 (AFR83)
Hy verander woestyngebied in rietvlei, dor land in fonteinwêreld