Soekresultate vir: Matteus 8:23

MATTEUS 8:23 (AFR83)

Toe Jesus in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg.

MATTEUS 8:24 (AFR83)

Skielik het daar 'n hewige storm op die see losgebars, sodat die golwe oor die skuit geslaan het. Maar Jesus het geslaap.

MATTEUS 8:27 (AFR83)

Die mense het hulle verwonder en gesê: “Watter soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?”

MATTEUS 8:2 (AFR83)

'n Melaatse man kom kniel toe voor Hom en sê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.”

MATTEUS 8:28 (AFR83)

Toe Jesus aan die oorkant in die land van die Gadareners kom, het twee mense wat in die mag van bose geeste was, Hom van die grafte af tegemoet gekom. Hulle was baie gevaarlik, sodat niemand dit langs daardie pad kon waag nie.

MATTEUS 8:26 (AFR83)

Hy sê vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?” Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword.

MATTEUS 8:29 (AFR83)

Skielik het hulle begin skreeu: “Wat het U met ons te doen, Seun van God? Het U hierheen gekom om ons voor die tyd te pynig?”

MATTEUS 8:22 (AFR83)

Maar Jesus antwoord hom: “Volg My, en laat die dooies hulle eie dooies begrawe.”

MATTEUS 8:25 (AFR83)

Hulle kom toe en maak Hom wakker en sê: “Here, red ons! Ons vergaan!”

MATTEUS 8:20 (AFR83)

Jesus sê vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie.”

MATTEUS 8:21 (AFR83)

Iemand anders, een van sy dissipels, sê vir Hom: “Here, laat my toe om eers terug te gaan en my pa te begrawe.”

MATTEUS 8:7 (AFR83)

En Jesus antwoord hom: “Ek sal hom kom gesond maak.”

MATTEUS 8:18 (AFR83)

Toe Jesus die menigte mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee om na die oorkant toe te vertrek.

MATTEUS 8:34 (AFR83)

Die hele dorp het Jesus tegemoet gegaan, en toe hulle Hom sien, het hulle Hom ernstig versoek om hulle gebied te verlaat.

MATTEUS 8:16 (AFR83)

Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met 'n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak.

MATTEUS 8:13 (AFR83)

Jesus sê toe vir die offisier: “Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur.” En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword.

MATTEUS 8:4 (AFR83)

Jesus sê toe vir hom: “Jy moet dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.”

MATTEUS 8:9 (AFR83)

Ek is ook 'n mens wat onder gesag staan en ek het soldate onder my. Vir een sê ek: ‘Gaan daarheen!’ en hy gaan; en vir 'n ander: ‘Kom!’ en hy kom; en vir my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.”

MATTEUS 8:11 (AFR83)

Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel.

MATTEUS 8:14 (AFR83)

Toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy Petrus se skoonmoeder siek lê met 'n hoë koors.

MATTEUS 8:17 (AFR83)

So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.”

MATTEUS 8:30 (AFR83)

'n Hele ent van hulle af het 'n groot trop varke geloop.

MATTEUS 8:12 (AFR83)

Maar mense vir wie die koninkryk bedoel is, sal in die diepste duisternis daarbuite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners.”

MATTEUS 8:31 (AFR83)

Die bose geeste het Hom gesoebat: “As U ons uitdryf, stuur ons tog in die trop varke in.”

MATTEUS 8:32 (AFR83)

“Gaan!” het Hy vir hulle gesê. Hulle is toe uit die mense uit en het in die varke ingevaar. Die hele trop het meteens op loop gesit teen die hang af, die see in, en het in die water versuip.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid