Soekresultate vir: Matteus 6:16-18

MATTEUS 6:16 (AFR83)

“As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.

MATTEUS 6:17 (AFR83)

Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig

MATTEUS 6:18 (AFR83)

sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”

MATTEUS 16:18 (AFR83)

En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

MATTEUS 18:16 (AFR83)

Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word.

MATTEUS 18:6 (AFR83)

“Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met 'n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.

MATTEUS 16:6 (AFR83)

Jesus het vir hulle gesê: “Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.”

MATTEUS 1:7 (AFR83)

Salomo was die vader van Rehabeam, Rehabeam van Abia en Abia van Asa;

MATTEUS 1:13 (AFR83)

Serubbabel was die vader van Abihud, Abihud van Eljakim, en Eljakim van Asor;

MATTEUS 1:21 (AFR83)

Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

MATTEUS 1:23 (AFR83)

“Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons.

MATTEUS 2:2 (AFR83)

en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.”

MATTEUS 2:9 (AFR83)

Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was.

MATTEUS 1:9 (AFR83)

Ussia was die vader van Jotam, Jotam van Agas, en Agas van Hiskia;

MATTEUS 1:11 (AFR83)

Josia was die vader van Jojagin en sy broers. Toe is die volk weggevoer na Babilonië toe.

MATTEUS 1:14 (AFR83)

Asor was die vader van Sadok, Sadok van Agim, en Agim van Elihud;

MATTEUS 1:6 (AFR83)

Isai was die vader van koning Dawid. Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija;

MATTEUS 1:18 (AFR83)

Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom.

MATTEUS 1:22 (AFR83)

Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word:

MATTEUS 2:5 (AFR83)

Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur 'n profeet geskrywe:

MATTEUS 2:10 (AFR83)

Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly.

MATTEUS 2:12 (AFR83)

En omdat God hulle in 'n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met 'n ander pad na hulle land toe teruggegaan.

MATTEUS 2:16 (AFR83)

Toe Herodes agterkom dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, het hy woedend geword. Hy stuur toe soldate en laat in Betlehem en die hele omgewing al die seuntjies van twee jaar en jonger doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy noukeurig by die sterrekykers uitgevra het.

MATTEUS 2:19 (AFR83)

Na die dood van Herodes verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef in Egipte

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid