Soekresultate vir: Jesaja 58:6

JESAJA 58:6 (AFR83)

Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek?

JESAJA 58:1 (AFR83)

Die Here sê: Roep uit volle bors, moet niks verswyg nie! Laat jou stem hoor, duidelik soos 'n ramshoring! Wys my volk op hulle oortredinge, die afstammelinge van Jakob op hulle sondes.

JESAJA 58:3 (AFR83)

Hulle vra: “Waarom vas ons, maar U sien dit nie, verootmoedig ons ons, maar U gee nie aandag daaraan nie?” Dit is omdat julle op die vasdae doen wat julle wil en die mense wat vir julle werk, nog harder laat werk.

JESAJA 58:2 (AFR83)

Hulle vra wel elke dag na my wil, asof hulle graag wil weet wat Ek van hulle verwag. Hulle gee voor dat hulle 'n nasie is wat doen wat reg is en hom aan die bepalings van sy God hou. Hulle vra My wel om regverdige beslissings asof hulle van my teenwoordigheid hou.

JESAJA 58:4 (AFR83)

Julle vasdae loop uit op twis en rusie, julle dam mekaar met die vuis by. Julle kan nie op hierdie manier vas en dan verwag dat julle gebed verhoor sal word in die hemel nie.

JESAJA 58:5 (AFR83)

Is dit ál wat Ek op 'n vasdag wil hê: net dat 'n mens homself verneder, dat hy sy nek buig soos 'n biesie en in sak en as sit? Noem jy dít 'n vasdag, 'n dag waarvan die Here hou?

JESAJA 58:7 (AFR83)

Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses 'n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?

JESAJA 58:8 (AFR83)

Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom.

JESAJA 58:9 (AFR83)

Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie,

JESAJA 58:10 (AFR83)

as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag.

JESAJA 58:11 (AFR83)

Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

JESAJA 58:12 (AFR83)

Jou mense sal die ou puinhope herbou, die fondamente herstel wat al geslagte lank bestaan. Jy sal bekend staan as 'n volk wat sy afgebreekte mure herbou, wat sy strate herstel sodat daar weer mense kan woon.

JESAJA 58:13 (AFR83)

As jy nie op die sabbat oortree nie, op my heilige dag doen net wat jy wil nie, as jy die sabbat 'n vreugde noem, as jy die heilige dag van die Here in ere hou, as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie te doen net wat jy wil nie, en nie handel dryf nie,

JESAJA 58:14 (AFR83)

sal jy vreugde vind in die Here. Ek sal jou die land weer in besit laat neem, Ek sal jou laat eet van die opbrengs van die land van jou vader Jakob. Ek, die Here, het dit gesê.

JESAJA 6:5 (AFR83)

Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder 'n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.”

JESAJA 6:3 (AFR83)

Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”

JESAJA 6:4 (AFR83)

Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het.

JESAJA 6:10 (AFR83)

Verder het Hy vir my gesê: “Maak hierdie volk traag van begrip, maak hulle ore doof en hulle oë blind sodat hulle nie met hulle oë sien, met hulle ore hoor, en met hulle verstand begryp en hulle hulle bekeer en genees word nie.”

JESAJA 6:7 (AFR83)

Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.”

JESAJA 6:8 (AFR83)

Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”

JESAJA 6:9 (AFR83)

Toe het die Here gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.”

JESAJA 6:12 (AFR83)

totdat Ek, die Here, die mense ver weggevoer het, en die land heeltemal verlate is.

JESAJA 6:1 (AFR83)

In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul.

JESAJA 6:11 (AFR83)

Toe vra ek: “Tot wanneer, Here?” En Hy het geantwoord: “Totdat die stede verwoes en sonder inwoners is, totdat die huise verlate is en die land in 'n puinhoop omskep is,

JESAJA 6:13 (AFR83)

Selfs al is daar net 'n tiende oor, sal die land nog verder verwoes word. “Maar soos van 'n akkerboom of 'n terpentynboom 'n stomp bly staan wanneer dit afgekap word, so sal daar vir die land 'n stomp oorbly: die gewyde geslag.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid