Soekresultate vir: Jesaja 55:8-9
JESAJA 55:8 (AFR83)
My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here;
JESAJA 55:9 (AFR83)
soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.
JESAJA 55:1 (AFR83)
Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.
JESAJA 55:2 (AFR83)
Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is.
JESAJA 55:3 (AFR83)
Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.
JESAJA 55:4 (AFR83)
Ek het hom 'n getuie gemaak vir die volke, 'n regeerder en gebieder van volke.
JESAJA 55:5 (AFR83)
Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop ter wille van die Here jou God, die Heilige van Israel, omdat Hy jou in eer herstel het.
JESAJA 55:6 (AFR83)
Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.
JESAJA 55:7 (AFR83)
Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.
JESAJA 55:10 (AFR83)
Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet.
JESAJA 55:11 (AFR83)
So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.
JESAJA 55:12 (AFR83)
Julle sal met blydskap uit Babel wegtrek en in vrede gelei word; die berge en die heuwels sal voor julle uit jubel en juig en al die bome in die veld sal hande klap.
JESAJA 55:13 (AFR83)
In die plek van 'n doringbos sal daar 'n sipres opskiet, in die plek van 'n dissel sal daar 'n mirteboom opskiet. Dit sal tot eer van die Here wees, 'n blywende teken wat nooit vernietig sal word nie.
JESAJA 40:31 (AFR83)
maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
JESAJA 41:10 (AFR83)
Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.
JESAJA 53:5 (AFR83)
Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
JESAJA 26:3 (AFR83)
en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel.
JESAJA 29:13 (AFR83)
Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.
JESAJA 29:14 (AFR83)
Daarom gaan Ek nog ongehoorder dinge doen met hierdie volk: die een ongehoorde ding na die ander, sodat die wysheid van sy wyse manne sal verdwyn, die verstand van sy verstandige mense tot niet sal gaan.
JESAJA 29:15 (AFR83)
Ellende wag vir dié wat dink hulle kan hulle planne diep wegsteek vir die Here, hulle wat besig is om dinge in die donker te doen en dink: wie sien ons? Wie weet van ons?
JESAJA 29:16 (AFR83)
Julle is agterstevoor met alles, asof die pottebakker die klei is. Die maaksel kan mos nie van sy maker sê: “Hy het my nie gemaak nie”; die kleipot kan mos nie van die pottebakker sê: “Hy weet nie wat hy doen nie.”
JESAJA 29:17 (AFR83)
Nog net 'n baie kort tydjie, dan verander die Libanon in 'n vrugteboord en word die vrugteboord so dig dat dit vir 'n bos aangesien word.
JESAJA 29:18 (AFR83)
Daardie dag sal die dowes kan hoor wat daar in die boek staan, en sal die blindes weer kan sien uit die donker, uit die duisternis uit.
JESAJA 29:19 (AFR83)
Die mense in nood sal weer bly wees oor die Here, die arm mense sal juig oor die heilige God van Israel.
JESAJA 29:20 (AFR83)
Daar sal nie meer wreedaards wees nie; dit sal klaar wees met die ligsinniges, elkeen wat altyd gereed was om onreg te doen, sal uitgeroei word,