Soekresultate vir: Jesaja 54:5-6

JESAJA 54:5 (AFR83)

Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wêreld genoem.

JESAJA 54:6 (AFR83)

Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet? sê jou God.

JESAJA 5:6 (AFR83)

Ek gaan hom tot niet maak. Hy sal nie meer gesnoei of geskoffel word nie, maar ingeneem word deur doringbosse en onkruid. Ek sal die wolke verbied om daarop te reën.

JESAJA 6:5 (AFR83)

Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder 'n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.”

JESAJA 17:9 (AFR83)

Daardie dag sal Israel se vestingstede verlate lê, so verlate soos die boswêreld waaruit die inwoners destyds vir die Israeliete gevlug het. Die stede sal sonder inwoner wees.

JESAJA 1:3 (AFR83)

'n Bees ken sy eienaar en 'n donkie die krip van sy baas, maar Israel ken My nie, my volk het geen begrip van wat Ek doen nie.

JESAJA 1:17 (AFR83)

Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.

JESAJA 1:23 (AFR83)

Jou vorste is in opstand teen My, hulle is kop in een mus met diewe. Hulle is almal versot op korrupsie en is agter omkoopgeskenke aan. Hulle laat nie reg geskied aan weeskinders nie, hulle behartig nie die regsake van weduwees nie.

JESAJA 2:8 (AFR83)

hulle land is vol afgode, hulle buig voor die maaksel van hulle hande, voor wat hulle vingers gemaak het.

JESAJA 1:1 (AFR83)

Die openbaring wat Jesaja seun van Amos ontvang het aangaande Juda en Jerusalem. Dit was in die regeringstyd van Ussia, Jotam, Agas en Hiskia, konings van Juda.

JESAJA 1:2 (AFR83)

Luister, hemele, gee aandag, aarde, want die Here het gesê: Ek het kinders grootgemaak en opgevoed, maar hulle het teen My in opstand gekom.

JESAJA 1:5 (AFR83)

Daar is nie meer plek waar nog aan julle geslaan kan word nie, en tog hou julle aan om van My af weg te draai. Die hele kop is vol seerplekke en die hele gestel is verswak.

JESAJA 1:4 (AFR83)

Ellende wag vir julle, sondige nasie, volk met skuld belaai, geslag wat verkeerd handel, julle wat net afbreek, wat My, die Here, verlaat het, My, die Heilige van Israel, verag en vir My die rug gedraai het.

JESAJA 1:7 (AFR83)

Julle land is verwoes, julle stede is verbrand, voor julle oë verteer vreemdes julle landerye. Hulle het dit 'n verlate wêreld gemaak.

JESAJA 1:9 (AFR83)

As die Here die Almagtige nie 'n klompie van ons laat oorbly het nie, sou ons soos Sodom geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.

JESAJA 1:18 (AFR83)

Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.

JESAJA 1:19 (AFR83)

As julle gehoorsaam wil wees, sal julle die goeie van die land eet,

JESAJA 1:26 (AFR83)

Ek sal jou regeerders weer maak soos hulle vroeër was en jou leiers soos in die begin. Dan sal hulle jou weer noem: Stad van Geregtigheid, Getroue Stad.

JESAJA 1:28 (AFR83)

Wie oortree en sondig, sal almal verpletter word. Wie die Here verlaat, sal te gronde gaan,

JESAJA 2:5 (AFR83)

Kom, volk van Jakob, laat ons lewe in die lig wat van die Here af kom.

JESAJA 2:6 (AFR83)

U het u volk Jakob verstoot: hulle gee hulle oor aan die waarsêery van die ooste, beoefen towery soos die Filistyne en hou saam met vreemdes vas aan bygeloof;

JESAJA 2:15 (AFR83)

teen elke hoë toring en teen elke skansmuur;

JESAJA 2:18 (AFR83)

Die afgode sal heeltemal verdwyn.

JESAJA 3:2 (AFR83)

elke weerbare burger, elke soldaat, regter, profeet, waarsêer, leier,

JESAJA 3:5 (AFR83)

Die volk sal mekaar te lyf gaan, man teen man, vriend teen vriend; seuns sal grysaards te lyf gaan, en dié wat nie gesag het nie, die vooraanstaandes.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid