Soekresultate vir: Jesaja 55:11

JESAJA 55:11 (AFR83)

So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.

JESAJA 55:10 (AFR83)

Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet.

JESAJA 55:1 (AFR83)

Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.

JESAJA 55:12 (AFR83)

Julle sal met blydskap uit Babel wegtrek en in vrede gelei word; die berge en die heuwels sal voor julle uit jubel en juig en al die bome in die veld sal hande klap.

JESAJA 55:13 (AFR83)

In die plek van 'n doringbos sal daar 'n sipres opskiet, in die plek van 'n dissel sal daar 'n mirteboom opskiet. Dit sal tot eer van die Here wees, 'n blywende teken wat nooit vernietig sal word nie.

JESAJA 55:3 (AFR83)

Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.

JESAJA 55:8 (AFR83)

My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here;

JESAJA 55:9 (AFR83)

soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.

JESAJA 55:2 (AFR83)

Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is.

JESAJA 55:4 (AFR83)

Ek het hom 'n getuie gemaak vir die volke, 'n regeerder en gebieder van volke.

JESAJA 55:5 (AFR83)

Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop ter wille van die Here jou God, die Heilige van Israel, omdat Hy jou in eer herstel het.

JESAJA 55:6 (AFR83)

Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.

JESAJA 55:7 (AFR83)

Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.

JESAJA 11:1 (AFR83)

'n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra.

JESAJA 11:7 (AFR83)

Koeie en bere sal saam wei, hulle kleintjies sal bymekaar lê, leeus sal gras eet soos beeste.

JESAJA 11:11 (AFR83)

In dié tyd sal die Here 'n tweede keer sy hand uitsteek om die oorblyfsel van sy volk los te koop, almal wat oorgebly het in Assirië, Egipte, Patros, Kus, Elam, Sinar, Hamat en die kuslande rondom die Middellandse See.

JESAJA 11:6 (AFR83)

Wolwe en skape sal dan saam bly, luiperds sal tussen bokkies lê, kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar wees en klein seuntjies sal vir almal sorg.

JESAJA 11:9 (AFR83)

Op my heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie, want die aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is.

JESAJA 11:4 (AFR83)

Hy sal die armes billik verhoor en die ootmoediges in die land regverdig oordeel. Hy sal die goddeloses in die land hard oordeel, met sy uitsprake sal hy hulle om die lewe bring.

JESAJA 11:10 (AFR83)

In dié tyd sal iemand uit die geslag van Isai 'n vaandel wees vir die volke. Die nasies sal na hom vra, en sy woonplek sal hoë aansien geniet.

JESAJA 11:2 (AFR83)

Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here.

JESAJA 11:16 (AFR83)

Daar sal vir die oorblyfsel van sy volk wat in Assirië is, 'n grootpad wees soos daar was toe Israel uit Egipte getrek het.

JESAJA 11:5 (AFR83)

Hy sal regverdig en betroubaar regeer.

JESAJA 11:13 (AFR83)

Efraim se naywer sal verdwyn, en Juda se teëstanders sal uitgeroei word. Efraim sal nie weer jaloers wees op Juda nie, en Juda sal nie weer vyandig wees teenoor Efraim nie.

JESAJA 11:14 (AFR83)

Saam sal hulle in die weste die Filistyne aanval en saam sal hulle die mense in die ooste plunder. Hulle sal die Edomiete en die Moabiete verslaan, en die Ammoniete sal aan hulle onderdanig wees.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid