Soekresultate vir: Jeremia 31:3-4

JEREMIA 31:3 (AFR83)

Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra.

JEREMIA 31:4 (AFR83)

Ek sal aan jou kinders gee, Israel, jy sal kinders in die wêreld bring. Jy sal weer jou tamboeryne dra, jy sal uitgaan om te dans saam met dié wat bly is.

JEREMIA 4:31 (AFR83)

Ek hoor 'n geskreeu soos van iemand wat in kraam is, 'n benoude kreet soos van 'n vrou wat haar eerste kind in die wêreld bring. Ek hoor vir Sion wat na haar asem hyg, wat haar hande smekend uitsteek en sê: “Ellende wag vir my! Ek is weerloos teen my moordenaars!”

JEREMIA 3:4 (AFR83)

En nou noem jy My skielik: “My vader,” en sê jy: “U is my vriend vandat ek 'n kind was.

JEREMIA 4:3 (AFR83)

So sê die Here vir die mense van Juda en Jerusalem: Ploeg vir julle 'n braakland en moenie in die dorings saai nie.

JEREMIA 1:6 (AFR83)

“Ag, Here my God,” het ek geantwoord, “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”

JEREMIA 1:16 (AFR83)

Ek sal die mense van Juda straf vir al hulle sondes: hulle het My verlaat, vir ander gode offers gebring en voor hulle eie handewerk in verering gebuig.

JEREMIA 1:19 (AFR83)

Hulle sal teen jou veg maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here, Ek sal jou red.

JEREMIA 1:7 (AFR83)

Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê.

JEREMIA 1:17 (AFR83)

Maak klaar, staan op, sê vir hulle alles wat Ek jou beveel. Moenie vir hulle skrik nie, want dan verpletter Ek jou voor hulle oë.

JEREMIA 2:3 (AFR83)

Israel was toe aan die Here gewy soos die eerste vrugte van die oes. Niemand wat hierdie vrugte geëet het, het ongestraf gebly nie, rampe het hom getref, sê die Here.

JEREMIA 2:10 (AFR83)

Gaan na die Kittiëreilande toe en kyk 'n bietjie, stuur boodskappers na Kedar toe en dink goed na: Het daar al ooit so iets gebeur,

JEREMIA 2:32 (AFR83)

Vergeet 'n meisie haar juwele of 'n bruid haar trourok? Tog het my volk My jare gelede al vergeet.

JEREMIA 3:2 (AFR83)

Kyk op na die heuweltoppe: waar het jou minnaars nie by jou geslaap nie? Langs die paaie het jy vir hulle gesit en wag soos 'n Arabier in die woestyn, en jy het die land verontreinig met jou onsedelikheid, met jou slegte gedrag.

JEREMIA 3:6 (AFR83)

Dit was tydens die regering van koning Josia. Die Here het vir my gesê: Het jy gesien wat die ontroue Israel gedoen het? Sy het op elke hoë berg en onder elke groen boom gaan ontug pleeg!

JEREMIA 3:17 (AFR83)

In daardie tyd sal hulle Jerusalem noem: “Die troon van die Here”, en al die nasies sal in Jerusalem bymekaarkom om die Naam van die Here te eer. Hulle sal nie hardkoppig bly nie.

JEREMIA 1:10 (AFR83)

Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.

JEREMIA 1:12 (AFR83)

Die Here het geantwoord: Jy het reg gesien. Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het.

JEREMIA 2:1 (AFR83)

Die woord van die Here het tot my gekom:

JEREMIA 2:8 (AFR83)

Die priesters het nie gevra: “Waar is die Here?” nie, dié wat my wil moes bekend maak, het My nie erken nie. Die regeerders het hulle teen My verset, die profete het in die naam van Baäl opgetree en gode gedien wat nie kan help nie.

JEREMIA 2:26 (AFR83)

Soos 'n dief in die skande kom wanneer hy betrap word, so sal die Israeliete in die skande kom: hulle, hulle konings, hulle amptenare, hulle priesters en hulle profete.

JEREMIA 2:27 (AFR83)

Dit is hulle wat vir 'n stuk hout sê: “My vader,” en vir 'n klip: “U het my in die wêreld gebring.” Na My toe het hulle hulle rug gedraai in plaas van hulle gesig. Dit is net wanneer 'n ramp hulle tref dat hulle sê: “Kom red ons tog!”

JEREMIA 3:1 (AFR83)

Die Here vra: Mag 'n man as hy van sy vrou skei en sy hom verlaat en 'n ander man se vrou word, na haar toe teruggaan? Sou die land nie vreeslik verontreinig word nie? En jy wat by so baie minnaars geslaap het, wil jy na My toe terugkom? vra die Here.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid