Soekresultate vir: Jakobus 1:14-16

JAKOBUS 1:14 (AFR83)

Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.

JAKOBUS 1:15 (AFR83)

Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

JAKOBUS 1:16 (AFR83)

Moenie julleself mislei nie, my liewe broers.

1 KORINTIËRS 16:14 (AFR83)

Laat alles by julle in liefde geskied.

1 KRONIEKE 16:14 (AFR83)

Hy, die Here, is ons God, sy reddingsdade strek oor die hele aarde.

1 SAMUEL 14:16 (AFR83)

Toe die wagte van Saul by Gibea in Benjamin sien dat die menigte in beroering is en in die rondte maal,

1 SAMUEL 16:14 (AFR83)

Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees wat deur die Here gestuur is, het hom voortdurend ontstel.

1 KONINGS 16:14 (AFR83)

Die ander verhale oor Ela en alles wat hy gedoen het, is opgeteken in die annale van die konings van Israel.

1 KORINTIËRS 14:16 (AFR83)

Anders, as jy met die gees 'n dankgebed doen, hoe sal 'n gewone mens wat daar teenwoordig is, op jou dankgebed “Amen” kan sê? Hy verstaan mos nie wat jy sê nie.

1 KONINGS 14:16 (AFR83)

Hy sal hulle prysgee oor die sonde wat Jerobeam gedoen het en wat hy Israel laat doen het.”

1 KRONIEKE 14:16 (AFR83)

Dawid het gemaak soos God gesê het, en hulle het die Filistyne verslaan van Gibeon af tot by Geser.

JAKOBUS 1:18 (AFR83)

Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat ons, om dit so te stel, eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het.

JAKOBUS 1:27 (AFR83)

Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

JAKOBUS 2:1 (AFR83)

My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie.

JAKOBUS 2:7 (AFR83)

Is dit nie hulle wat die goeie Naam skend van Hom aan wie julle behoort nie?

JAKOBUS 1:1 (AFR83)

Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete!

JAKOBUS 1:4 (AFR83)

En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.

JAKOBUS 1:10 (AFR83)

en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos 'n veldblom.

JAKOBUS 1:12 (AFR83)

Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

JAKOBUS 1:13 (AFR83)

Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie.

JAKOBUS 1:2 (AFR83)

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom,

JAKOBUS 1:3 (AFR83)

want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.

JAKOBUS 1:20 (AFR83)

'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

JAKOBUS 2:10 (AFR83)

As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid