Soekresultate vir: Efesiërs 5:26-27
EFESIËRS 5:26 (AFR83)
Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het,
EFESIËRS 5:27 (AFR83)
sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik.
EFESIËRS 5:1 (AFR83)
Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg.
EFESIËRS 5:2 (AFR83)
Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.
EFESIËRS 5:3 (AFR83)
Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie.
EFESIËRS 5:4 (AFR83)
Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle.
EFESIËRS 5:5 (AFR83)
Dít moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of 'n gierigaard is – want gierigheid is afgodery – het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie.
EFESIËRS 5:6 (AFR83)
Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie, want daardeur kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is.
EFESIËRS 5:7 (AFR83)
Met sulke mense moet julle niks te doen hê nie.
EFESIËRS 5:8 (AFR83)
Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.
EFESIËRS 5:9 (AFR83)
Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is.
EFESIËRS 5:10 (AFR83)
Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is,
EFESIËRS 5:11 (AFR83)
en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak.
EFESIËRS 5:12 (AFR83)
Dit is 'n skande om selfs te praat oor die dinge wat die ongehoorsame mense in die geheim doen.
EFESIËRS 5:13 (AFR83)
Maar alles word aan die kaak gestel wanneer die lig daarop val.
EFESIËRS 5:14 (AFR83)
En as iets bekend geword het, is dit in die lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.”
EFESIËRS 5:15 (AFR83)
Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.
EFESIËRS 5:16 (AFR83)
Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd.
EFESIËRS 5:17 (AFR83)
Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.
EFESIËRS 5:18 (AFR83)
Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul,
EFESIËRS 5:19 (AFR83)
en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.
EFESIËRS 5:20 (AFR83)
Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.
EFESIËRS 5:21 (AFR83)
Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.
EFESIËRS 5:22 (AFR83)
Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.
EFESIËRS 5:23 (AFR83)
Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk.