Soekresultate vir: 2 Korintiërs 12:9-10

2 KORINTIËRS 12:9 (AFR83)

Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

2 KORINTIËRS 12:10 (AFR83)

Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

2 KORINTIËRS 12:5 (AFR83)

Oor hierdie man sal ek roem, maar nie oor myself nie, behalwe oor my swakhede.

2 KORINTIËRS 12:21 (AFR83)

Ek is ook bang dat wanneer ek weer kom, my God my by julle in verleentheid sal bring en dat ek sal moet treur oor baie van julle wat geruime tyd al 'n sondige lewe lei en wat oor hulle onreinheid, ontug en losbandigheid nie tot berouvolle inkeer gekom het nie.

2 KORINTIËRS 12:12 (AFR83)

Die dinge wat 'n apostel kenmerk, het ek met groot geduld by julle verrig: tekens en wonders en kragtige dade.

2 KORINTIËRS 12:16 (AFR83)

Goed, ek was dus nie vir julle 'n oorlas nie. Maar julle kan dink ek was slim en ek het julle uitoorlê.

2 KORINTIËRS 12:7 (AFR83)

selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan.

2 KORINTIËRS 12:11 (AFR83)

Ek het nou soos 'n dwaas opgetree. Julle het my daartoe verplig. Eintlik is dit julle wat in my guns moes gepraat het, want al is ek niks, staan ek niks agter by daardie danige apostels nie.

2 KORINTIËRS 12:13 (AFR83)

Waarin is julle swakker behandel as die ander gemeentes, behalwe dat ek persoonlik nie vir julle tot 'n geldelike las was nie? Vergewe my hierdie onreg!

2 KORINTIËRS 12:20 (AFR83)

Ek is bang dat, wanneer ek kom, ek julle miskien nie sal vind soos ek dit graag wil hê nie, en dat julle my ook nie sal vind soos julle dit graag wil hê nie. Ek is bang vir twis, naywer, onbeheerstheid, selfsug, kwaadpratery, nuusdraery, verwaandheid en wanordelikheid.

2 KORINTIËRS 12:15 (AFR83)

Ek sou graag alles wil gee vir julle lewe, ja, ook myself. As ek julle soveel meer liefhet as wat die ander julle het, het julle my dan minder lief as vir hulle?

2 KORINTIËRS 12:18 (AFR83)

Ek het vir Titus gevra om na julle toe te gaan en die ander broer saamgestuur. Het Titus homself dan geldelik bevoordeel ten koste van julle? Handel hy en ek nie in dieselfde gees nie, en loop ons nie in dieselfde spore nie?

2 KORINTIËRS 12:8 (AFR83)

Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word.

2 KORINTIËRS 12:14 (AFR83)

Dit is nou die derde keer dat ek gereed is om na julle toe te kom, en ek sal nie vir julle 'n las wees nie: ek soek nie julle geld nie, maar vir julle. Dit is immers nie die kinders wat vir die ouers sorg nie, maar die ouers vir die kinders.

2 KORINTIËRS 12:6 (AFR83)

Al sou ek wil roem, sal ek tog nie dwaas wees nie, omdat ek die waarheid sal praat. Maar ek weerhou my daarvan omdat ek nie wil hê dat iemand aan my meer moet toeskryf as wat hy my sien doen of my hoor sê nie,

2 KORINTIËRS 12:17 (AFR83)

Het ek myself dan miskien ten koste van julle geldelik bevoordeel deur een van die mense wat ek na julle toe gestuur het?

2 KORINTIËRS 12:19 (AFR83)

Julle dink seker lankal dat ons ons by julle probeer verdedig? Nee, ons praat in verantwoordelikheid aan God en in verbondenheid met Christus. Alles wat ons doen, geliefdes, is in belang van julle geestelike opbou.

2 KORINTIËRS 12:1 (AFR83)

Om te roem, het wel geen sin nie, maar terwyl dit dan nou moet, kom ek by gesigte en openbarings wat die Here gegee het.

2 KORINTIËRS 12:2 (AFR83)

Ek ken 'n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit.

2 KORINTIËRS 10:8 (AFR83)

Al het ek my miskien 'n bietjie te veel beroem op daardie bevoegdhede wat die Here my gegee het, sal ek nie beskaamd daarvan afkom nie. Die Here het aan ons die bevoegdheid gegee om julle op te bou, nie om julle af te breek nie.

2 KORINTIËRS 10:10 (AFR83)

Daar word mos gesê: “Sy briewe is wel ernstig en streng, maar as hy self by ons is, is hy mak en beteken sy woorde niks.”

2 KORINTIËRS 10:4 (AFR83)

Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies

2 KORINTIËRS 10:12 (AFR83)

Ons waag dit natuurlik nie om ons op een lyn te stel of te vergelyk met sekere mense wat so 'n danige dunk van hulleself het nie. Hulle is dom: hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf en vergelyk hulleself met hulleself.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid