Soekresultate vir: 1 Korintiërs 6:18

1 KORINTIËRS 6:18 (AFR83)

Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat 'n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam.

1 KORINTIËRS 6:1 (AFR83)

Gaan iemand van julle wat 'n saak teen 'n ander gelowige het, werklik so ver dat hy sy reg by heidense regters soek en nie by gelowiges nie?

1 KORINTIËRS 6:15 (AFR83)

Weet julle nie dat julle liggaam deel is van Christus nie? Sal ek nou 'n deel van Christus neem en dit 'n deel van 'n ontugtige vrou maak? Beslis nie!

1 KORINTIËRS 6:17 (AFR83)

Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom.

1 KORINTIËRS 6:11 (AFR83)

En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.

1 KORINTIËRS 6:16 (AFR83)

Of weet julle nie dat iemand wat met 'n ontugtige vrou omgang het, liggaamlik een met haar is nie? God sê immers: “Die twee sal een word.”

1 KORINTIËRS 6:10 (AFR83)

of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie.

1 KORINTIËRS 6:12 (AFR83)

Daar is mense wat sê: “Alles is my geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is my geoorloof,” sê hulle. Ja, maar ek gaan my nie deur enigiets laat verslaaf nie.

1 KORINTIËRS 6:13 (AFR83)

Hulle sê ook: “Kos is vir die maag, en die maag vir kos.” Goed, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. 'n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is.

1 KORINTIËRS 6:14 (AFR83)

God het deur sy krag die Here uit die dood opgewek en so sal Hy ons ook opwek.

1 KORINTIËRS 6:19 (AFR83)

Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie:

1 KORINTIËRS 6:2 (AFR83)

Of weet julle nie dat die gelowiges oor die wêreld sal oordeel nie? En as julle oor die wêreld sal oordeel, is julle dan onbevoeg vir sulke geringe hofsake?

1 KORINTIËRS 6:4 (AFR83)

As julle oor alledaagse dinge geskille het, laat julle dan dié mense as regters optree op wie die gemeente neersien?

1 KORINTIËRS 6:6 (AFR83)

Maar gaan een gelowige nou met die ander hof toe, en dit voor ongelowige regters?

1 KORINTIËRS 6:5 (AFR83)

Ek sê dit om julle skaam te maak. Is daar dan nie 'n enkele verstandige mens onder julle wat 'n saak tussen gelowiges kan besleg nie?

1 KORINTIËRS 6:20 (AFR83)

julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

1 KORINTIËRS 6:3 (AFR83)

Weet julle nie dat ons oor die engele sal oordeel nie? Dan tog seker ook oor alledaagse dinge.

1 KORINTIËRS 6:7 (AFR83)

Eintlik is julle saak al klaar verlore, omdat julle hofsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle julle nie liewer te kort doen nie?

1 KORINTIËRS 6:8 (AFR83)

In plaas daarvan pleeg julle onreg en doen ander te kort, en dit doen julle aan medegelowiges.

1 KORINTIËRS 6:9 (AFR83)

Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen

2 KORINTIËRS 6:18 (AFR83)

en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê die Here, die Almagtige.

1 KORINTIËRS 1:18 (AFR83)

Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.

1 KORINTIËRS 1:6 (AFR83)

Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig

1 KORINTIËRS 9:18 (AFR83)

Wat is my loon dan? Dit is dat ek as prediker die evangelie kosteloos verkondig en so afstand doen van my reg wat aan die verkondiging van die evangelie verbonde is.

1 KORINTIËRS 7:18 (AFR83)

As iemand reeds besny was toe God hom geroep het, moet hy die teken van sy besnydenis nie ongedaan probeer maak nie. As iemand 'n onbesnedene was toe hy geroep is, moet hy hom nie laat besny nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid