Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary
DEUTERONOMIUM 32:13 (AFR83)
Die Here het sy volk die land in besit laat neem, en hom laat eet van die opbrengs van die lande, hom heuning uit klipskeure laat geniet, olie uit harde klip,
DEUTERONOMIUM 32:14 (AFR83)
botter uit die beestrop, melk van die kleinvee, vet lammers, skaapramme en bokramme uit Basan, die beste koring; die wyn wat jy drink, kom uit die beste druiwe.
DEUTERONOMIUM 32:15 (AFR83)
Jesurun het alles in oorvloed gehad; hy het in opstand gekom. Jy het oorvloed gehad, jy het dom geword, jy het jou ooreet. Hy het God wat hom gemaak het, verwerp, Hy was vermetel teen die Rots wat hom gered het.
DEUTERONOMIUM 32:16 (AFR83)
Israel het vreemde gode bo die Here verkies, Hom getart met hulle afskuwelike afgode,
DEUTERONOMIUM 32:17 (AFR83)
offers gebring aan veldduiwels, aan goed wat nie gode is nie, aan onbekende gode, nuwe gode wat van die bure af kom, gode wat onbekend was aan julle voorvaders.
DEUTERONOMIUM 32:18 (AFR83)
Jy het jou Rots, jou Skepper, nie in ag geneem nie, die God wat jou in die wêreld gebring het, vergeet.
DEUTERONOMIUM 32:19 (AFR83)
“Die Here het dit gesien en vir jou minagting gekry. Omdat sy seuns en dogters Hom getart het,
DEUTERONOMIUM 32:20 (AFR83)
het Hy gesê: Ek sal nie meer vir hulle sorg nie, Ek wil kyk wat hulle uiteinde is, want hulle is 'n onbestendige volk, mense sonder trou.
DEUTERONOMIUM 32:21 (AFR83)
Hulle het iets wat nie 'n god is nie, bo My verkies, My getart met wat niks is nie. Ek sal wat nie 'n volk is nie, bo hulle verkies, met 'n nasie sonder verstand sal Ek hulle tart.
DEUTERONOMIUM 32:22 (AFR83)
My toorn het 'n vuur aangesteek; dit brand tot in die doderyk daaronder, dit verteer die aarde en sy opbrengs, dit brand deur tot diep onder die berge.
DEUTERONOMIUM 32:23 (AFR83)
Ek sal ramp op ramp oor hulle bring, my pyle op hulle afskiet:
DEUTERONOMIUM 32:24 (AFR83)
hongerpyne, koorsgloed, ongeneeslike siekte. Ek sal roofdiere op hulle afstuur, en giftige slange!
DEUTERONOMIUM 32:25 (AFR83)
Op straat roei die swaard die kinders uit, in die slaapkamers is daar angs: jong man en jong meisie, suigling en grysaard, almal kom om.
DEUTERONOMIUM 32:26 (AFR83)
Ek sou wou sê Ek sal hulle verstrooi, Ek sal maak dat geen mens meer aan hulle dink nie,
DEUTERONOMIUM 32:27 (AFR83)
maar Ek is bevrees die vyand sal My tart, Israel se teenstanders sal dit verkeerd beoordeel en sê: ‘In eie krag het ons dit alles gedoen, nie die Here nie,’
DEUTERONOMIUM 32:28 (AFR83)
want hulle is 'n nasie sonder verstand, hulle het geen insig nie.
DEUTERONOMIUM 32:29 (AFR83)
“As hulle wysheid gehad het, sou hulle dit verstaan het, sou hulle begryp het wat hulle uiteinde sal wees.
DEUTERONOMIUM 32:30 (AFR83)
Hoe kan een mens duisend agtervolg of twee tienduisende op die vlug jaag? Gebeur dit nie omdat die Rots van Israel hulle verkoop het nie, omdat die Here hulle uitgelewer het nie?
DEUTERONOMIUM 32:31 (AFR83)
Die rots van die nasies is nie soos ons Rots nie, ons vyande kan tog self oordeel,
DEUTERONOMIUM 32:32 (AFR83)
want hulle stam uit Sodom se wingerd, uit Gomorra se droë gelyktes. Hulle druiwe is giftig, elke tros is bitter.
DEUTERONOMIUM 32:33 (AFR83)
Hulle wyn is slanggif, wrede addergif.
DEUTERONOMIUM 32:34 (AFR83)
“Die Here het gesê: ‘Dit is weggebêre by My, toegesluit in my skure.
DEUTERONOMIUM 32:35 (AFR83)
Ek straf en Ek vergeld op die dag as hulle voete gly. Die dag van hulle ondergang is naby; wat oor hulle besluit is, kom gou.’
DEUTERONOMIUM 32:36 (AFR83)
“Die Here behartig die saak van sy volk, die Here ontferm Hom oor sy dienaars, want Hy sien hulle krag het ingegee, dit is klaar met hulle almal.
DEUTERONOMIUM 32:37 (AFR83)
Dan sal Hy vra: ‘Waar is hulle gode? Waar is die rots waar hulle gaan skuil het,