Soekresultate
MIGA 7:19 (AFR83)
Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi.
MATTEUS 7:19 (AFR83)
Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
LUKAS 7:19 (AFR83)
en stuur hulle na die Here toe om te vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?”
JOHANNES 7:19 (AFR83)
Het Moses nie die wet vir julle gegee nie? En tog hou nie een van julle die wet nie. Waarom wil julle My dan doodmaak?”
HANDELINGE 7:19 (AFR83)
en hy het 'n slim plan teen ons mense beraam en ons voorouers wreed behandel. Hy het hulle verplig om hulle babatjies buite aan hulle lot oor te laat, sodat hulle nie aan die lewe sou bly nie.
HEBREËRS 7:19 (AFR83)
die wet het nie volmaaktheid bewerk nie. Aan die ander kant het 'n beter hoop ingetree, waardeur ons tot God nader.
JESAJA 7:19 (AFR83)
Hulle sal almal kom en gaan sit in die steil klowe en in die rotsskeure en op al die doringbosse en by al die drinkplekke.
ESEGIËL 7:19 (AFR83)
“Hulle sal hulle silwer op die strate weggooi; hulle goud sal nutteloos wees: hulle silwer en hulle goud kan hulle nie red die dag as die toorn van die Here losbreek nie. Hulle sal hulle honger nie daarmee kan stil en hulle daaraan nie kan vol eet nie. Dit is juis hulle silwer en goud wat hulle in sonde laat verval het:
MARKUS 7:19 (AFR83)
omdat dit nie in sy hart ingaan nie maar in sy maag, en daarna uit sy liggaam uitgaan?” Daarmee het Hy alle kos rein verklaar.
NEHEMIA 7:19 (AFR83)
Bigwai 2 067,
SPREUKE 7:19 (AFR83)
My man is nie tuis nie, hy is op 'n lang reis;
PREDIKER 7:19 (AFR83)
Wysheid gee aan dié wat dit het, meer mag as wat tien maghebbers in 'n stad het.
JEREMIA 7:19 (AFR83)
Is dit vir My wat hulle seermaak? vra die Here. Nee, hulle maak hulleself seer en hulle bring skande oor hulleself.
DANIËL 7:19 (AFR83)
“Toe wou ek weet waarvoor die vierde dier staan, wat anders was as al die ander, buitengewoon skrikwekkend, met ystertande en bronskloue, wat al wat voorkom, verslind en vermorsel het en wat met sy pote vertrap het wat oorgebly het.
2 SAMUEL 7:19 (AFR83)
Selfs dít was vir U nog nie genoeg nie, Here: U het ook nog vir die nageslag van u dienaar tot in die verre toekoms beloftes gemaak. Wat 'n toesegging aan 'n mens, Here my God!
2 KONINGS 7:19 (AFR83)
Toe het die adjudant mos die man van God geantwoord: “Dit is onmoontlik selfs al maak die Here vensters in die hemel dat dit nou reën,” en Elisa het geantwoord: “Toe maar, jy sal dit met jou eie oë sien, maar jy sal net nie daarvan eet nie.”
1 KRONIEKE 7:19 (AFR83)
Daar was ook seuns van Semida. Hulle was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.
1 KONINGS 7:19 (AFR83)
Die kapitele bo-op die pilare by die voorportaal was in die vorm van blomkelke, twee meter hoog.
1 KORINTIËRS 7:19 (AFR83)
Dit kom nie daarop aan of iemand besny is of nie, maar wel of hy die gebooie van God onderhou.
2 KRONIEKE 7:19 (AFR83)
“Maar as julle wegdraai en my voorskrifte en my gebooie wat Ek julle gegee het, verontagsaam en julle gaan dien ander gode en buig voor hulle,
PSALMS 119:7 (AFR83)
U bepalings is regverdig; as ek hulle ter harte neem, sal ek U loof met 'n opregte hart.
ROMEINE 11:4 (AFR83)
Maar wat het God hom geantwoord? “Ek het vir My sewe duisend manne laat oorbly wat nie vir Baäl aanbid het nie.”
ROMEINE 3:2 (AFR83)
Ja, baie, in allerlei opsigte. Die belangrikste is dat God sy woorde aan die Jode toevertrou het.
1 JOHANNES 5:21 (AFR83)
Liewe kinders, bly dus weg van die afgode af.
1 PETRUS 2:13 (AFR83)
Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is