Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 8:13 (AFR83)

dat jou grootvee en jou kleinvee baie word, dat jou silwer en goud vermeerder en jou besittings al hoe meer word,

DEUTERONOMIUM 8:14 (AFR83)

en dat jy dan hoogmoedig word en die Here jou God vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.

DEUTERONOMIUM 8:15 (AFR83)

Dit is Hy wat jou laat trek het deur hierdie groot en gevaarlike woestyn vol giftige slange en skerpioene, dit is Hy wat vir jou water uit die klipharde rots laat vloei het in hierdie dor land sonder water

DEUTERONOMIUM 8:16 (AFR83)

en wat jou in die woestyn manna laat eet het, iets wat jou voorvaders nie geken het nie. Hy het jou laat swaarkry om jou op die proef te stel en om agterna weer aan jou goed te doen.

DEUTERONOMIUM 8:17 (AFR83)

Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf.

DEUTERONOMIUM 8:18 (AFR83)

Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met 'n eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog.

DEUTERONOMIUM 8:19 (AFR83)

“As jy ooit die Here jou God vergeet en ander gode aanhang en hulle dien en vereer, verklaar ek vandag dat jy beslis tot niet sal gaan.

DEUTERONOMIUM 8:20 (AFR83)

Omdat jy dan nie gehoorsaam is aan die woord van die Here jou God nie, sal jy net so omkom soos die nasies vir wie die Here laat omkom het.”

DEUTERONOMIUM 9:1 (AFR83)

“Luister, Israel, jy gaan nou deur die Jordaanrivier trek om nasies te gaan verdryf wat groter en sterker is as jy en om groot stede wat met hoë mure versterk is, te gaan verower.

DEUTERONOMIUM 9:2 (AFR83)

Jy weet hoe 'n groot en sterk volk die Enakiete is. Jy het gehoor daar word gevra: ‘Wie kan die Enakiete teëstaan?’

DEUTERONOMIUM 9:3 (AFR83)

Maar onthou: die Here jou God gaan voor jou uit deur die Jordaan. Hy is 'n verterende vuur. Hy sal die Enakiete oorweldig en aan jou onderwerp. Dan sal jy hulle kan verslaan en hulle gou uitwis soos die Here jou beloof het.

DEUTERONOMIUM 9:4 (AFR83)

“Wanneer die Here jou God hulle verdryf het, moet jy nie sê: ‘Die Here het my hierdie land in besit laat neem omdat ek volmaak is’ nie, want die Here het hierdie nasies verdryf omdat hulle so goddeloos is.

DEUTERONOMIUM 9:5 (AFR83)

Dit is nie omdat jy volmaak en opreg is dat jy sal ingaan om hulle land in besit te neem nie. Omdat hierdie nasies so goddeloos is, sal die Here jou God hulle verdryf, en so sal Hy die belofte vervul wat Hy met 'n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob gemaak het.

DEUTERONOMIUM 9:6 (AFR83)

Jy moet goed onthou dat die Here jou God nie hierdie goeie land vir jou gee om in besit te neem omdat jy volmaak is nie. Jy is 'n hardkoppige volk.”

DEUTERONOMIUM 9:7 (AFR83)

“Moenie vergeet hoe julle die Here julle God kwaad gemaak het in die woestyn nie. Vandat julle uit Egipte weggetrek het totdat julle hier op hierdie plek aangekom het, was julle die hele tyd in opstand teen die Here.

DEUTERONOMIUM 9:8 (AFR83)

By Horeb het julle gemaak dat die toorn van die Here ontvlam, en Hy het so kwaad geword vir julle dat Hy julle wou uitroei.

DEUTERONOMIUM 9:9 (AFR83)

Ek het teen die berg uitgeklim om die plat klippe te gaan ontvang, die plat klippe waarop die Here die bepalings van sy verbond met julle geskryf het. Ek het veertig dae en veertig nagte lank daar gebly en niks geëet of gedrink nie.

DEUTERONOMIUM 9:10 (AFR83)

Die Here het vir my die twee plat klippe gegee waarop met sy eie vinger al die woorde geskryf was wat Hy op die berg uit die vuur uit met julle gepraat het, die dag met die vergadering.

DEUTERONOMIUM 9:11 (AFR83)

Dit was aan die einde van die veertig dae en die veertig nagte dat die Here die twee plat klippe, die plat klippe met die verbondsbepalings daarop, vir my gegee het.

DEUTERONOMIUM 9:12 (AFR83)

“Toe het die Here vir my gesê: ‘Gaan gou ondertoe, want jou volk wat jy uit Egipte laat trek het, het afvallig geword. Hulle het baie gou weggedraai van die koers af wat Ek vir hulle aangewys het, en hulle het vir hulle 'n afgodsbeeld gegiet.’

DEUTERONOMIUM 9:13 (AFR83)

“Die Here het verder vir my gesê: ‘Ek het gesien dat dit 'n hardkoppige volk is hierdie.

DEUTERONOMIUM 9:14 (AFR83)

Jy moet My nie probeer keer nie. Ek wil hulle uitwis en hulle naam van die aarde af wegvee. Dan sal Ek jou 'n sterk nasie maak, groter as hulle.’

DEUTERONOMIUM 9:15 (AFR83)

“Toe het ek omgedraai en terwyl die berg gebrand het, het ek afgegaan met die twee klippe van die verbond in my hande.

DEUTERONOMIUM 9:16 (AFR83)

Ek het gesien hoe julle teen die Here julle God gesondig het deurdat julle vir julle 'n beeld in die vorm van 'n bulkalf gemaak het. Julle het baie gou weggedraai van die koers af wat die Here vir julle aangewys het.

DEUTERONOMIUM 9:17 (AFR83)

Ek het die twee plat klippe wat ek in my hande gehad het, flenters gegooi in julle teenwoordigheid.