Soekresultate vir: Genesis 4

GENESIS 3:6 (AFR83)

Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet.

GENESIS 3:19 (AFR83)

net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.”

GENESIS 3:23 (AFR83)

Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is.

GENESIS 3:10 (AFR83)

En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”

GENESIS 8:10 (AFR83)

Noag het toe nog sewe dae gewag en weer die duif uit die ark uit losgelaat.

GENESIS 8:12 (AFR83)

Hy het nog sewe dae gewag en die duif losgelaat, maar dit het nie weer na hom toe teruggekom nie.

GENESIS 8:14 (AFR83)

Op die sewe en twintigste van die tweede maand was die aarde droog,

GENESIS 8:21 (AFR83)

Die Here het die offer aanvaar en Hy het by Homself gesê: “Ek sal nie weer so 'n ramp oor die aarde laat kom vanweë die mens nie. Van sy jeug af bedink die mens net slegte dinge, maar Ek sal nie weer al wat lewe laat omkom soos Ek gedoen het nie.

GENESIS 9:2 (AFR83)

Al die diere, al die voëls, al die diere wat kruip, en al die vis sal vir julle bang wees en vir julle skrik. Hulle word tot julle beskikking gestel.

GENESIS 9:3 (AFR83)

Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle.

GENESIS 9:9 (AFR83)

“Kyk, Ek sluit 'n verbond met julle en julle nageslag

GENESIS 9:28 (AFR83)

Na die oorstroming het Noag nog drie honderd en vyftig jaar geleef.

GENESIS 10:9 (AFR83)

Hy was 'n dapper jagter, ook in die oë van die Here. Daarom word daar gesê: “'n Dapper jagter in die oë van die Here, soos Nimrod.”

GENESIS 10:10 (AFR83)

Nimrod se koninkryk het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar.

GENESIS 10:24 (AFR83)

Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber.

GENESIS 10:26 (AFR83)

Uit Joktan het gekom Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

GENESIS 11:2 (AFR83)

Toe die mense ooswaarts getrek het, het hulle uitgekom by 'n vlakte in Sinar en daar gaan woon.

GENESIS 11:3 (AFR83)

Hulle het op 'n keer vir mekaar gesê: “Kom ons maak stene en ons brand hulle hard.” Hulle het toe stene in plaas van klip gebruik en asfalt in plaas van klei.

GENESIS 11:20 (AFR83)

Toe Reü 32 was, het hy die vader geword van Serug.

GENESIS 11:30 (AFR83)

Sarai was onvrugbaar; sy het nie kinders gehad nie.

GENESIS 12:13 (AFR83)

Sê tog maar jy is my suster dat dit met my goed kan gaan oor jou, en my lewe deur jou toedoen gespaar word.”

GENESIS 13:10 (AFR83)

Lot het toe rondgekyk en gesien die hele Jordaanstreek tot by Soar het so volop water soos 'n tuin van die Here, soos Egipte. Dit was naamlik nog voordat die Here Sodom en Gomorra verwoes het.

GENESIS 14:1 (AFR83)

Dit was in dié tyd dat koning Amrafel van Sinar, koning Arjok van Ellasar, koning Kedorlaomer van Elam en koning Tidal van Gojim

GENESIS 14:3 (AFR83)

en as bondgenote opgetrek het na die Siddimvlakte toe, dit is vandag die Soutsee.

GENESIS 14:18 (AFR83)

Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid