Soekresultate
DIE OPENBARING 5:7 (AFR83)
Hy het toe gegaan en die boek ontvang uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.
DIE OPENBARING 10:7 (AFR83)
Op die dag wanneer die sewende engel op sy trompet gaan blaas, sal God se verborge bedoeling met alles bereik word, soos Hy die blye tyding aan sy dienaars, die profete, bekend gemaak het.”
DIE OPENBARING 11:7 (AFR83)
Wanneer hulle egter hulle getuienis klaar gelewer het, sal die dier wat uit die onderaardse diepte uit kom, teen hulle oorlog maak, hulle oorwin en hulle doodmaak.
DIE OPENBARING 12:7 (AFR83)
Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer,
DIE OPENBARING 13:7 (AFR83)
Aan hom is daar ook mag gegee om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin; en daar is gesag aan hom gegee oor elke stam, volk, taal en nasie.
DIE OPENBARING 14:7 (AFR83)
en hy het met 'n harde stem uitgeroep: “Vrees God en gee aan Hom die eer, want die tyd het aangebreek vir sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne gemaak het.”
DIE OPENBARING 15:7 (AFR83)
Een van die vier lewende wesens het toe aan die sewe engele sewe goue bakke gegee, gevul met die toorn van God, van Hom wat tot in alle ewigheid lewe.
DIE OPENBARING 16:7 (AFR83)
Toe het ek die engel wat oor die altaar toesig hou, hoor sê: “Ja, Here God, Almagtige, betroubaar en reg is u oordele.”
DIE OPENBARING 17:7 (AFR83)
Die engel sê toe vir my: “Waarom verwonder jy jou? Ek sal jou vertel wat die verborge betekenis is van die vrou en van die dier wat haar dra, wat die sewe koppe en die tien horings het.
DIE OPENBARING 18:7 (AFR83)
In die mate waarin sy gepronk en in wellus gelewe het, in dié mate moet julle haar pyn en droefheid aandoen. Sy sê by haarself: ‘Ek sit as koningin op my troon. Ek is nie weduwee nie, en treur sal ek nooit nie.’
1 KONINGS 19:7 (AFR83)
Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.”
1 KRONIEKE 19:7 (AFR83)
Hulle het vir hulle twee en dertig duisend strydwaens gehuur. Daarmee saam het die koning van Maäka en sy leërmag gekom en hulle het regoor Medeba kamp opgeslaan. Die Ammoniete het ook bymekaargekom uit hulle stede en uitgetrek vir die oorlog.
2 KRONIEKE 19:7 (AFR83)
Mag die vrees vir die Here julle bybly! Wees versigtig en doen julle plig. By die Here ons God is daar nie onreg en bevoordeling en korrupsie nie.”
1 SAMUEL 19:7 (AFR83)
Hierná het Jonatan vir Dawid gaan roep, en Jonatan het hom die hele gesprek meegedeel. Jonatan het vir Dawid na Saul toe gebring, en Dawid het vir Saul gedien soos voorheen.
2 SAMUEL 19:7 (AFR83)
Kom nou, gaan stel u manskappe tevrede. Ek verklaar voor die Here: As u nie buitetoe gaan nie, sal daar vannag nie 'n enkele man by u oorbly nie. Dit sal vir u 'n groter ramp wees as enige ramp wat u in u hele lewe getref het.”
2 KONINGS 19:7 (AFR83)
Ek gaan hom onrustig maak, sodat hy na sy land toe sal teruggaan wanneer hy daarvandaan 'n berig kry. Ek sal hom in sy eie land laat doodmaak.”
LEVITIKUS 7:19 (AFR83)
“Vleis wat geraak het aan enigiets wat onrein is, mag nie geëet word nie; dit moet verbrand word. “Iemand wat rein is, mag offervleis eet,
JOSUA 7:19 (AFR83)
Josua het vir Akan gesê: “My seun, gee tog aan die Here die God van Israel die eer wat Hom toekom en doen belydenis voor Hom. Sê my wat jy gedoen het, moet dit nie vir my wegsteek nie.”
RIGTERS 7:19 (AFR83)
Gideon en die honderd man by hom het tot by die onderpunt van die kamp gegaan. Dit was in die nag, aan die begin van die middelste wagaflos, en die wagte was net klaar omgeruil. Toe blaas Gideon-hulle die ramshorings en breek die erdekruike.
ESRA 7:19 (AFR83)
Die goed wat vir gebruik in die tempel van jou God bestem en aan jou oorhandig is, moet jy as geskenk aan God in Jerusalem gaan gee.
JOB 7:19 (AFR83)
Wil U nie van my af wegkyk en my 'n oomblikkie laat asem skep nie?
GENESIS 7:19 (AFR83)
Die waters op die aarde het nog meer en meer geword, sodat hulle al die hoë berge wat daar onder die hemel is, bedek het.
EKSODUS 7:19 (AFR83)
Verder sê die Here vir Moses: “Sê vir Aäron: Vat jou kierie en swaai dit oor al die water van Egipte, oor sy kanale, riviere, moerasse en damme, dat dit bloed kan word. Daar sal bloed wees in die hele Egipte, selfs in die hout- en klipbakke.”
DEUTERONOMIUM 7:19 (AFR83)
Jy het met jou eie oë gesien met watter groot plae en tekens en wonders, met watter magtige dade en wonderdade die Here jou God jou bevry het. Hy sal met al die volke vir wie jy bang is, maak soos met Egipte.
ROMEINE 7:19 (AFR83)
Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.