Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary
DEUTERONOMIUM 2:30 (AFR83)
“Maar koning Sihon van Gesbon het geweier om ons deur sy gebied te laat trek, want die Here jou God het hom onversetlik gemaak. Die Here het hom koppig gemaak om hom in jou mag oor te gee. Hy is nou nog in jou mag.
DEUTERONOMIUM 2:31 (AFR83)
“Die Here het verder vir my gesê: ‘Let op, Ek gee Sihon en sy land van nou af in jou mag oor. Begin nou, verower sy land.’
DEUTERONOMIUM 2:32 (AFR83)
“Toe Sihon en sy hele leër optrek om by Jahas teen ons te veg,
DEUTERONOMIUM 2:33 (AFR83)
het die Here ons God hulle in ons mag oorgegee, en ons het hom en sy seuns en sy hele volk verslaan.
DEUTERONOMIUM 2:34 (AFR83)
In daardie tyd het ons al sy stede verower en verwoes. Van hulle mans, vrouens en kinders het ons niemand laat vrykom nie.
DEUTERONOMIUM 2:35 (AFR83)
Ons het net die vee en ook wat daar te buit was in die stede wat deur ons verower is, vir ons gevat.
DEUTERONOMIUM 2:36 (AFR83)
Van Aroër op die Arnonoewer en die stad in die Arnonkloof af tot by Gilead was daar geen stad te sterk vir ons nie. Die Here ons God het hulle almal in ons mag oorgegee.
DEUTERONOMIUM 2:37 (AFR83)
Soos die Here ons God ons beveel het, het ons nie die land van die Ammoniete binnegegaan nie: dit is die gebied aan Jabbokspruit en die stede in die bergagtige gebied.”
DEUTERONOMIUM 3:1 (AFR83)
“Ons het weggedraai met die pad na Basan toe, en koning Og van Basan het met sy hele leër teen ons opgeruk om by Edreï teen ons te veg.
DEUTERONOMIUM 3:2 (AFR83)
Toe het die Here vir my gesê: ‘Moenie vir hom bang wees nie, want Ek gee hom en sy hele leër en sy hele land in jou mag oor, en jy moet met hom maak soos jy gemaak het met koning Sihon van die Amoriete, wat in Gesbon gewoon het.’
DEUTERONOMIUM 3:3 (AFR83)
“Die Here ons God het toe vir koning Og van Basan en sy hele leër in ons mag oorgegee. Ons het hom verslaan en nie een van sy mense het weggekom nie.
DEUTERONOMIUM 3:4 (AFR83)
Ons het destyds ál sy stede verower. Daar is nie een van die sestig stede in die Argobstreek waar Og se ryk in Basan was, wat ons nie afgevat het van sy mense nie.
DEUTERONOMIUM 3:5 (AFR83)
Al hierdie stede was versterk met hoë mure en met poorte met sluitbalke. Daar was ook baie dorpe sonder mure,
DEUTERONOMIUM 3:6 (AFR83)
en ons het hulle almal heeltemal verwoes soos ons gemaak het met koning Sihon van Gesbon wie se stede ons met mans, vrouens, kinders en al uitgewis het.
DEUTERONOMIUM 3:7 (AFR83)
Ons het net die vee en wat daar in die stede te buit was, vir ons gevat.
DEUTERONOMIUM 3:8 (AFR83)
“Ons het destyds die gebied van die twee Amoritiese konings oos van die Jordaan afgevat: die gebied van die Arnonrivier af tot by Hermonberg,
DEUTERONOMIUM 3:9 (AFR83)
die berg wat Sirjon genoem word deur die mense van Sidon, en Senir deur die Amoriete.
DEUTERONOMIUM 3:10 (AFR83)
Ons het ál die stede in die Hoogvlakte verower en die hele Gilead en Basan tot by Salka en Edreï, die stede en die ryk van Og in Basan.”
DEUTERONOMIUM 3:11 (AFR83)
Net koning Og van Basan het destyds nog van die Refaïete oorgebly. Sy bed was van yster. Dit was sowat vier meter lank en amper twee meter breed, en is nou nog te sien in Rabba van die Ammoniete.
DEUTERONOMIUM 3:12 (AFR83)
“Ek het die gebied wat ons destyds verower het, van Aroër op die Arnonoewer af tot halfpad in die bergwêreld van Gilead en al die stede daarin, aan die stamme Ruben en Gad gegee.
DEUTERONOMIUM 3:13 (AFR83)
Die res van Gilead en die hele Basan, die vroeëre ryk van Og, het ek aan die halwe Manassestam gegee. Dit is die hele Argobgebied in Basan wat voorheen bekend was as die Refaïete se land.
DEUTERONOMIUM 3:14 (AFR83)
Jaïr uit die nageslag van Manasse het die Argobstreek gevat tot by die grens van Gesur en Maäkat. Basan is toe na Jaïr vernoem, en dit staan nou nog bekend as die tentdorpe van Jaïr.
DEUTERONOMIUM 3:15 (AFR83)
Ek het Gilead vir Makir gegee.
DEUTERONOMIUM 3:16 (AFR83)
Ek het die gebied van Gilead af tot in die middel van die Arnonbedding vir die stamme Ruben en Gad gegee. Hulle noordgrens was Jabbokspruit, die grens van die Ammoniete se land,
DEUTERONOMIUM 3:17 (AFR83)
en die wesgrens was die Jordaanvallei en die Jordaanrivier van Gennesaret af tot by die see in die Jordaanvallei, die Soutsee, onderkant die Pisgahange net oos van die see.