Soekresultate

DEUTERONOMIUM 28:8 (AFR83)

“Die Here sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy aanpak. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee.

GENESIS 28:8 (AFR83)

het Esau geweet dat sy pa Isak nie van die Kanaänitiese meisies gehou het nie.

EKSODUS 28:8 (AFR83)

Dit moet ook 'n gordel hê van dieselfde gehalte en daarvoor moet ook gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne gebruik word.

JESAJA 28:8 (AFR83)

Al die tafels is vol braaksel, daar is nie 'n plek wat nie bemors is nie.

JEREMIA 28:8 (AFR83)

Die profete uit die dae voor jou en my het lankal vir baie lande en oor groot koninkryke oorlog en rampe en peste aangekondig.

ESEGIËL 28:8 (AFR83)

Hulle sal jou in die graf in laat stort, jy sal die dood van 'n gesneuwelde sterf daar op jou eiland in die see.

MATTEUS 28:8 (AFR83)

Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan, bang maar baie bly, en hulle het gehardloop om dit aan die dissipels te vertel.

HANDELINGE 28:8 (AFR83)

Publius se pa was in die bed, siek aan maagkoors. Paulus het na hom toe gegaan, en nadat hy gebid het, het hy hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.

JOB 28:8 (AFR83)

roofdiere loop nie daar nie, die leeu gaan nie daarlangs nie.

PSALMS 28:8 (AFR83)

Die Here is 'n sterkte vir sy volk, 'n veilige beskutting vir sy gesalfde.

SPREUKE 28:8 (AFR83)

Wie groot rykdom versamel deur mense uit te buit, versamel dit vir iemand wat hom oor arm mense sal ontferm.

1 SAMUEL 28:8 (AFR83)

Saul het hom vermom en ander klere aangetrek, en hy en twee manne het gegaan en in die nag by die vrou aangekom en gesê: “Tree vir my as waarsegster op deur die gees van 'n afgestorwene, en laat vir my die een opkom wat ek vir jou sê.”

2 KRONIEKE 28:8 (AFR83)

Die Israeliete het van hulle broedervolk twee honderd duisend vrouens, seuns en dogters gevange geneem en boonop 'n groot hoeveelheid buit geneem en na Samaria toe saamgevat.

1 KRONIEKE 28:8 (AFR83)

“Daarom gebied ek, Dawid, julle nou in teenwoordigheid van die hele Israel, die gemeente van die Here, en ten aanhore van ons God: Onderhou en ondersoek al die gebooie van die Here julle God, dat julle die goeie land kan bly besit en dit as 'n blywende erfenis aan julle kinders na julle kan nalaat.

ROMEINE 3:23 (AFR83)

Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,

ROMEINE 5:3 (AFR83)

Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding,

ROMEINE 5:4 (AFR83)

en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop;

ROMEINE 5:5 (AFR83)

en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

ROMEINE 6:23 (AFR83)

Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

ROMEINE 10:9 (AFR83)

As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

ROMEINE 10:10 (AFR83)

Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.

ROMEINE 15:13 (AFR83)

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

ROMEINE 12:1 (AFR83)

En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.

ROMEINE 12:2 (AFR83)

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

ROMEINE 12:3 (AFR83)

Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.