Soekresultate vir: 1 Timoteus 6:20

GENESIS 20:6 (AFR83)

Toe het God vir hom in 'n droom gesê: “Ja, Ek weet dat jy dit onskuldig gedoen het. Daarom het Ek jou daarvan weerhou om teen My te sondig en het Ek jou nie toegelaat om aan haar te raak nie.

2 SAMUEL 20:6 (AFR83)

Toe sê die koning vir Abisai: “Nou sal Seba seun van Bikri ons meer moeilikheid gee as Absalom. Vat jy my manskappe en haal hom in voordat hy dalk die een of ander sterk stad bereik waar ons hom nie kan bykom nie.”

2 KONINGS 20:6 (AFR83)

Ek sal jou lewe met vyftien jaar verleng en jou en dié stad red uit die mag van die koning van Assirië. Ek sal dié stad beskerm, om my ontwil en om my dienaar Dawid se ontwil.”

2 KRONIEKE 20:6 (AFR83)

en gebid: “Here, God van ons voorvaders, U is God. U heers uit die hemel oor al die koninkryke van die nasies. Uit u hand kom die mag en die krag. Niemand kan teen U stand hou nie.

1 TIMOTEUS 1:3 (AFR83)

Soos by my vertrek na Masedonië toe, dring ek nou weer by jou daarop aan om in Efese te bly. Daar is sekere mense wat vals leerstellings versprei, en jy moet hulle dit verbied.

1 TIMOTEUS 1:4 (AFR83)

Hulle moet hulle nie met verdigsels en eindelose geslagsregisters besig hou nie. Sulke dinge gee eerder aanleiding tot twisgesprekke as dat dit die vorming bevorder wat God deur die geloof gee.

1 TIMOTEUS 1:8 (AFR83)

Ons weet dat die wet goed is as 'n mens dit op die regte manier gebruik.

1 TIMOTEUS 1:9 (AFR83)

'n Mens moet onthou dat die wet nie vir die wetsgehoorsame bedoel is nie, maar vir mense wat hulle nie aan wet en orde steur nie, goddeloses en sondaars, mense sonder eerbied vir wat heilig en gewyd is, dié wat vader of moeder doodmaak, moordenaars,

1 TIMOTEUS 1:12 (AFR83)

Teenoor Christus Jesus ons Here is ek dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel,

1 TIMOTEUS 1:15 (AFR83)

Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste.

1 TIMOTEUS 1:1 (AFR83)

Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus in opdrag van God ons Verlosser en van Christus Jesus ons Hoop.

1 TIMOTEUS 1:5 (AFR83)

Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit 'n rein hart, 'n goeie gewete en 'n opregte geloof kom.

1 TIMOTEUS 1:13 (AFR83)

al het ek Hom voorheen belaster, vervolg en beledig. Maar God was genadig teenoor my omdat ek in my ongeloof nie geweet het wat ek doen nie.

1 TIMOTEUS 1:19 (AFR83)

Hou vas aan die geloof en behou 'n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely.

1 TIMOTEUS 2:5 (AFR83)

Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus

1 TIMOTEUS 2:8 (AFR83)

Ek wil dus hê dat die mans by elke plek van samekoms met 'n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis.

1 TIMOTEUS 3:1 (AFR83)

Dit is 'n waar woord: as iemand graag ouderling wil wees, begeer hy 'n voortreflike werk.

1 TIMOTEUS 4:1 (AFR83)

Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang.

1 TIMOTEUS 4:16 (AFR83)

Let goed op jou lewe en jou leer, volhard daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister.

1 TIMOTEUS 5:14 (AFR83)

Daarom verkies ek dat die jonger weduwees weer trou, kinders kry, hulle huise versorg en geen teenstander aanleiding gee om kwaad te praat van ons nie.

1 TIMOTEUS 5:15 (AFR83)

Daar is reeds party wat agter die Satan aan afgewyk het.

1 TIMOTEUS 5:19 (AFR83)

'n Beskuldiging teen 'n ouderling moet jy nie aanneem nie, tensy dit deur twee of drie getuies bevestig word.

1 TIMOTEUS 1:2 (AFR83)

Aan Timoteus, my eie kind in die geloof. Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Here!

1 TIMOTEUS 1:10 (AFR83)

ontugtiges, mense wat homoseksualiteit beoefen, ontvoerders, leuenaars, dié wat meineed pleeg of enigiets anders doen wat met die gesonde leer in stryd is.

1 TIMOTEUS 1:14 (AFR83)

Ons Here het my oorlaai met sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid