Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary
DEUTERONOMIUM 32:3 (AFR83)
Ek wil die Naam van die Here roem. Prys ons God om sy grootheid!
DEUTERONOMIUM 32:7 (AFR83)
Dink aan die dae lank verby, onthou die jare van die voorgeslagte. Vra jou pa dat hy jou vertel, jou oumense dat hulle jou dit sê.
DEUTERONOMIUM 32:8 (AFR83)
Toe die Allerhoogste vir die nasies hulle besittings gegee het, toe Hy die mense in volke opgedeel het, het Hy vir hulle hulle grense bepaal, soveel as wat daar Israeliete is.
DEUTERONOMIUM 32:10 (AFR83)
Hy het sy volk in die woestyn gevind, in 'n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog.
DEUTERONOMIUM 32:11 (AFR83)
Soos 'n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos 'n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra,
DEUTERONOMIUM 32:12 (AFR83)
so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei; daar was nie 'n ander god by Hom nie.
DEUTERONOMIUM 32:13 (AFR83)
Die Here het sy volk die land in besit laat neem, en hom laat eet van die opbrengs van die lande, hom heuning uit klipskeure laat geniet, olie uit harde klip,
DEUTERONOMIUM 32:14 (AFR83)
botter uit die beestrop, melk van die kleinvee, vet lammers, skaapramme en bokramme uit Basan, die beste koring; die wyn wat jy drink, kom uit die beste druiwe.
DEUTERONOMIUM 32:15 (AFR83)
Jesurun het alles in oorvloed gehad; hy het in opstand gekom. Jy het oorvloed gehad, jy het dom geword, jy het jou ooreet. Hy het God wat hom gemaak het, verwerp, Hy was vermetel teen die Rots wat hom gered het.
DEUTERONOMIUM 32:17 (AFR83)
offers gebring aan veldduiwels, aan goed wat nie gode is nie, aan onbekende gode, nuwe gode wat van die bure af kom, gode wat onbekend was aan julle voorvaders.
DEUTERONOMIUM 32:19 (AFR83)
“Die Here het dit gesien en vir jou minagting gekry. Omdat sy seuns en dogters Hom getart het,
DEUTERONOMIUM 32:20 (AFR83)
het Hy gesê: Ek sal nie meer vir hulle sorg nie, Ek wil kyk wat hulle uiteinde is, want hulle is 'n onbestendige volk, mense sonder trou.
DEUTERONOMIUM 32:21 (AFR83)
Hulle het iets wat nie 'n god is nie, bo My verkies, My getart met wat niks is nie. Ek sal wat nie 'n volk is nie, bo hulle verkies, met 'n nasie sonder verstand sal Ek hulle tart.
DEUTERONOMIUM 32:22 (AFR83)
My toorn het 'n vuur aangesteek; dit brand tot in die doderyk daaronder, dit verteer die aarde en sy opbrengs, dit brand deur tot diep onder die berge.
DEUTERONOMIUM 32:23 (AFR83)
Ek sal ramp op ramp oor hulle bring, my pyle op hulle afskiet:
DEUTERONOMIUM 32:30 (AFR83)
Hoe kan een mens duisend agtervolg of twee tienduisende op die vlug jaag? Gebeur dit nie omdat die Rots van Israel hulle verkoop het nie, omdat die Here hulle uitgelewer het nie?
DEUTERONOMIUM 32:35 (AFR83)
Ek straf en Ek vergeld op die dag as hulle voete gly. Die dag van hulle ondergang is naby; wat oor hulle besluit is, kom gou.’
DEUTERONOMIUM 32:36 (AFR83)
“Die Here behartig die saak van sy volk, die Here ontferm Hom oor sy dienaars, want Hy sien hulle krag het ingegee, dit is klaar met hulle almal.
DEUTERONOMIUM 32:37 (AFR83)
Dan sal Hy vra: ‘Waar is hulle gode? Waar is die rots waar hulle gaan skuil het,
DEUTERONOMIUM 7:26 (AFR83)
Moenie so iets afskuweliks in jou huis inbring nie, want dan is jy gedoem om vernietig te word. Jy moet dit verafsku en as afskuwelik beskou; dit moet vernietig word.”
DEUTERONOMIUM 9:2 (AFR83)
Jy weet hoe 'n groot en sterk volk die Enakiete is. Jy het gehoor daar word gevra: ‘Wie kan die Enakiete teëstaan?’
DEUTERONOMIUM 9:6 (AFR83)
Jy moet goed onthou dat die Here jou God nie hierdie goeie land vir jou gee om in besit te neem omdat jy volmaak is nie. Jy is 'n hardkoppige volk.”
DEUTERONOMIUM 9:7 (AFR83)
“Moenie vergeet hoe julle die Here julle God kwaad gemaak het in die woestyn nie. Vandat julle uit Egipte weggetrek het totdat julle hier op hierdie plek aangekom het, was julle die hele tyd in opstand teen die Here.
DEUTERONOMIUM 9:19 (AFR83)
Ek was bang, want die toorn, die gramskap van die Here, het so teen julle ontvlam dat Hy julle wou uitroei. Maar ook hierdie keer het die Here na my geluister.
DEUTERONOMIUM 9:28 (AFR83)
Waarom moet die mense van die land waaruit U ons laat trek het, sê: ‘Omdat die Here nie die Israeliete kon bring in die land wat Hy hulle beloof het nie en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle laat wegtrek om hulle in die woestyn om die lewe te bring?’