Soekresultate vir: Romeine 8:29

ROMEINE 15:8 (AFR83)

Ek bedoel dít: Christus het gekom om in belang van die Jode 'n dienaar te word; Hy moes vir hulle die waarheid van God bevestig deur die beloftes wat die voorvaders ontvang het, waar te maak.

ROMEINE 3:8 (AFR83)

Beteken dit dat ons sê: Laat ons die verkeerde doen sodat die goeie daaruit kan voortkom? Daar is mense wat ons dit wel lasterlik in die mond lê, maar hulle kry die oordeel wat hulle verdien.

ROMEINE 6:8 (AFR83)

Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.

ROMEINE 5:8 (AFR83)

Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

ROMEINE 7:8 (AFR83)

Maar deur hierdie gebod het die sonde 'n vastrapplek gekry en elke soort begeerte in my aan die gang gesit, want sonder die wet is die sonde dood.

ROMEINE 16:8 (AFR83)

En dan stuur ek ook groete vir Ampliatus, my liewe vriend in die Here,

ROMEINE 13:8 (AFR83)

Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit.

ROMEINE 10:8 (AFR83)

Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig:

ROMEINE 11:8 (AFR83)

soos daar geskrywe staan: “God het aan hulle 'n gees gegee wat hulle bedwelm het: oë wat nie sien nie en ore wat nie hoor nie, tot vandag toe nog.”

ROMEINE 14:8 (AFR83)

As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

LUKAS 8:29 (AFR83)

Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees beveel het om uit die man uit te gaan. Dit was 'n bose gees wat hom al baie keer beetgepak het. Al het hulle hom met hand- en voetboeie vasgemaak om hom in bedwang te hou, het hy die boeie uitmekaar geruk en is hy deur die bose gees die woestyn in gejaag.

JOSUA 8:29 (AFR83)

Hy het die koning van Ai aan 'n boom opgehang en hom daar laat bly tot die aand toe. Toe die son ondergaan, het Josua opdrag gegee, en hulle het die lyk van die boom afgehaal, dit in die stadspoort gegooi en 'n groot hoop klippe daarop gepak, wat vandag nog daar is.

LEVITIKUS 8:29 (AFR83)

Moses het die bors as 'n beweegoffer vir die Here aangebied. Dit was die deel van die offerram vir die priesterwyding wat Moses, volgens die bevel van die Here, gekry het.

SPREUKE 8:29 (AFR83)

Ek was daar toe Hy vir die see sy grens vasgestel het, die waters aan sy wil onderwerp het, toe Hy die fondamente van die aarde afgesteek het.

EKSODUS 8:29 (AFR83)

Toe antwoord Moses: “Ek gaan nou weg van u af en sal die Here bid dat die steekvlieë môre van u af padgee en van u amptenare en u mense af. U Majesteit moet nou net nie weer u woord breek deur die volk nie te laat gaan om vir die Here te offer nie!”

ESRA 8:29 (AFR83)

Wees wakker, pas dit op totdat julle dit uitweeg voor die hoofde van die priesters en die Leviete en voor die familiehoofde van Israel in Jerusalem binne in die tempelvertrekke.”

HANDELINGE 8:29 (AFR83)

Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan loop saam met daardie wa.”

JOHANNES 8:29 (AFR83)

Hy wat My gestuur het, is by My. Hy het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hy wil.”

MATTEUS 8:29 (AFR83)

Skielik het hulle begin skreeu: “Wat het U met ons te doen, Seun van God? Het U hierheen gekom om ons voor die tyd te pynig?”

RIGTERS 8:29 (AFR83)

Jerubbaäl seun van Joas het na die oorlog teen Midian in sy huis gaan woon.

MARKUS 8:29 (AFR83)

“Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!”

JEREMIA 29:8 (AFR83)

So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Moenie dat die profete en waarsêers daar by julle julle mislei nie. Moenie ag slaan op daardie drome wat julle so graag droom nie.

EKSODUS 29:8 (AFR83)

“Net so moet jy sy seuns laat naderkom en vir hulle ook priesterklere laat aantrek.

ESEGIËL 29:8 (AFR83)

“Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek oorlog oor jou bring en mens en dier uit jou uitroei.

DEUTERONOMIUM 29:8 (AFR83)

en hulle land afgevat en dit as besitting gegee aan Ruben en Gad en aan die halwe Manassestam.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid