Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 7:15 (AFR83)

Die Here sal elke soort siekte van jou af weghou. Nie een van Egipte se dodelike siektes wat jy maar alte goed ken, sal Hy jou laat tref nie. Hy sal dit jou vyande laat tref.

DEUTERONOMIUM 8:8 (AFR83)

'n land met koring en gars, wingerde, vyebome en granate, 'n land met volop olyfolie en heuning,

DEUTERONOMIUM 8:19 (AFR83)

“As jy ooit die Here jou God vergeet en ander gode aanhang en hulle dien en vereer, verklaar ek vandag dat jy beslis tot niet sal gaan.

DEUTERONOMIUM 9:11 (AFR83)

Dit was aan die einde van die veertig dae en die veertig nagte dat die Here die twee plat klippe, die plat klippe met die verbondsbepalings daarop, vir my gegee het.

DEUTERONOMIUM 9:14 (AFR83)

Jy moet My nie probeer keer nie. Ek wil hulle uitwis en hulle naam van die aarde af wegvee. Dan sal Ek jou 'n sterk nasie maak, groter as hulle.’

DEUTERONOMIUM 10:1 (AFR83)

“Destyds het die Here vir my gesê: ‘Kap vir jou twee plat klippe soos die voriges en klim die berg uit na My toe. Maak ook 'n ark van hout.

DEUTERONOMIUM 10:5 (AFR83)

Toe het ek van die berg af gekom en soos die Here my beveel het, het ek die plat klippe in die ark gesit wat ek gemaak het. Hulle is nog daar.”

DEUTERONOMIUM 10:8 (AFR83)

Destyds het die Here die Levistam afgesonder om die verbondsark van die Here te dra, om in sy teenwoordigheid diens te doen en sy dienaars te wees, en om die volk in die Naam van die Here te seën. En so is dit vandag nog.

DEUTERONOMIUM 10:13 (AFR83)

Gehoorsaam die gebooie en voorskrifte wat die Here jou vandag deur my gee. Dit sal tot jou voordeel wees.

DEUTERONOMIUM 10:18 (AFR83)

“Hy laat reg geskied aan die weeskind en die weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere.

DEUTERONOMIUM 10:19 (AFR83)

Jy moet ook die vreemdelinge liefhê, want jy was self 'n vreemdeling in Egipte.

DEUTERONOMIUM 10:22 (AFR83)

Toe jou voorvaders Egipte toe is, was hulle net sewentig; maar nou het die Here jou God jou so baie gemaak soos die sterre in die lug.”

DEUTERONOMIUM 11:1 (AFR83)

“Julle moet die Here julle God liefhê en altyd sy opdragte gehoorsaam: al sy voorskrifte en bepalings en gebooie.

DEUTERONOMIUM 11:15 (AFR83)

Die Here sal sorg vir groen gras op julle veld vir julle vee, en julle sal oorgenoeg hê om te eet.

DEUTERONOMIUM 11:30 (AFR83)

Die twee berge lê wes van die Jordaan, anderkant die pad uit die ooste, die pad uit die gebied van die Jordaanvallei, waar die Kanaäniete woon, regoor Gilgal, naby die waarsêersboom.

DEUTERONOMIUM 12:3 (AFR83)

Breek hulle altare af, breek hulle klippilare stukkend, verbrand hulle gewyde pale, vernietig hulle afgodsbeelde en verwyder elke teken van hulle bestaan uit die land uit.

DEUTERONOMIUM 12:8 (AFR83)

Moenie doen soos ons nou hier doen deurdat elkeen aanbid waar hy wil nie,

DEUTERONOMIUM 12:21 (AFR83)

Wanneer die plek wat die Here julle God sal kies om sy Naam daar te vestig, ver van julle af is, kan julle van die grootvee of die kleinvee wat die Here vir julle gegee het, slag soos ek julle beveel het en julle kan dit na hartelus geniet in die plek waar julle woon,

DEUTERONOMIUM 12:25 (AFR83)

As julle dit nie eet nie, doen julle wat reg is in die oë van die Here, en dan sal dit goed gaan met julle en julle nageslag.

DEUTERONOMIUM 12:26 (AFR83)

Alle gewyde gawes wat julle by julle het en alles wat julle met 'n gelofte aan die Here beloof het, moet julle bring na die plek toe wat die Here sal kies.

DEUTERONOMIUM 12:27 (AFR83)

Julle moet julle brandoffers, die vleis en die bloed daarvan, op die altaar van die Here julle God neersit. Die bloed van julle ander offers moet julle teen die altaar van die Here julle God uitgooi en dan mag julle die vleis eet.

DEUTERONOMIUM 13:2 (AFR83)

en die teken kom uit of die wonder vind plaas soos hy gesê het, en hy dan op grond daarvan vir jou sê: ‘Kom ons gaan dien ander gode al het jy hulle nie vroeër geken nie, al het ons hulle nie vroeër gedien nie,’

DEUTERONOMIUM 13:10 (AFR83)

Jy moet hom met klippe doodgooi, want hy wou jou verlei om ontrou te word aan die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.

DEUTERONOMIUM 14:5 (AFR83)

takbok, ribbok, hartbees, klipbok, eland, gemsbok, springbok,

DEUTERONOMIUM 14:6 (AFR83)

al dié wat volledig gesplete kloue het en herkou.