Soekresultate vir: 1 Sameul 21:5

1 SAMUEL 1:9 (AFR83)

Op 'n keer ná die offermaaltyd in Silo het Hanna opgestaan terwyl die priester Eli op sy stoel langs die deurkosyn van die tempel van die Here gesit het.

1 SAMUEL 1:3 (AFR83)

Elkana het elke jaar uit sy stad uit na Silo toe gegaan om te aanbid en aan die Here die Almagtige offers te bring. Eli se twee seuns, Hofni en Pinehas, was in Silo priesters van die Here.

1 SAMUEL 1:27 (AFR83)

Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het.

1 SAMUEL 2:3 (AFR83)

“Julle moenie in hoogmoed bly praat nie, moenie aanmatigende dinge sê nie, want die Here is 'n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets.

1 SAMUEL 2:12 (AFR83)

Maar Eli se seuns was slegte mense; hulle het nie met die Here rekening gehou nie.

1 SAMUEL 2:15 (AFR83)

Maar nog voordat die vet aan die brand gesteek is, het 'n slaaf van die priester al gekom en aan die man wat offer, gesê: “Gee vleis om vir die priester te braai. Hy neem nie gekookte vleis van jou aan nie, net rou vleis.”

1 SAMUEL 2:19 (AFR83)

Sy ma het elke jaar vir hom 'n manteltjie gemaak en dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man gegaan het om die jaarlikse offer te bring.

1 SAMUEL 2:25 (AFR83)

Wanneer een mens teen 'n ander mens verkeerd optree, sal die regters die saak uitmaak, maar as 'n mens teen die Here sondig, wie sal dan die saak uitmaak?” Hulle het egter nie na hulle pa se vermaning geluister nie, want die Here het besluit om hulle dood te maak.

1 SAMUEL 2:32 (AFR83)

Jy sal in nood na my woonplek staan en kyk tussen al die weldade wat Ek aan Israel sal bewys. In jou familie sal niemand ooit oud word nie.

1 SAMUEL 2:34 (AFR83)

En wat met jou twee seuns Hofni en Pinehas sal gebeur, sal vir jou die teken wees: op dieselfde dag sal hulle albei sterf.

1 SAMUEL 3:2 (AFR83)

Eli se oë het al swak begin word, hy kon nie meer goed sien nie. Vroeg een môre het Eli nog op sy slaapplek gelê,

1 SAMUEL 3:9 (AFR83)

en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister!” Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê.

1 SAMUEL 3:10 (AFR83)

Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!” En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!”

1 SAMUEL 1:16 (AFR83)

Moet tog nie dink ek is 'n slegte vrou nie. Dis oor my groot smart en leed dat ek so lank bly praat het.”

1 SAMUEL 1:21 (AFR83)

Toe Elkana en sy hele gesin gaan om die jaarlikse offer aan die Here te bring en sy gelofte te betaal,

1 SAMUEL 2:6 (AFR83)

“Die Here maak dood en Hy maak lewend, Hy laat afdaal na die doderyk toe en Hy laat daaruit opkom.

1 SAMUEL 2:10 (AFR83)

Dié wat teen die Here in opstand kom, word vernietig, van bo uit die hemel verbrysel Hy hulle. Die Here spreek reg tot by die eindes van die aarde, Hy verleen krag aan sy koning, Hy gee sterkte aan sy gesalfde.”

1 SAMUEL 2:21 (AFR83)

Die Here het Hom oor Hanna ontferm, en sy het swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gehad. Ondertussen het die seun Samuel voor die Here grootgeword.

1 SAMUEL 2:27 (AFR83)

'n Man van God het by Eli gekom en vir hom gesê: “So sê die Here: Ek het My duidelik geopenbaar aan die huis van jou stamvader toe die volk in Egipte aan die farao's onderdanig was.

1 SAMUEL 2:28 (AFR83)

Ek het jou stamvader vir My uit al die Israelitiese stamme as priester uitgekies om my altaar te bedien, om wierook aan die brand te steek en om 'n skouerkleed voor My te dra. Ek het jou familie al die vuuroffers van die Israeliete gegee.

1 SAMUEL 2:30 (AFR83)

“Daarom lewer die Here die God van Israel uitspraak: Ek het nadruklik gesê: Jou huis en jou nageslag sal My altyd in die tempel dien. “Maar nou sê Ek, die Here: Dit sal nie gebeur nie, want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.

1 SAMUEL 2:33 (AFR83)

Net een sal Ek nie van my altaar afsny nie. Maar wanneer Ek jou oë laat dof word en jou gees stil maak, sal die meerderheid van jou huis in die fleur van hulle lewe sterf.

1 SAMUEL 3:7 (AFR83)

Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie.

1 SAMUEL 3:19 (AFR83)

Samuel het grootgeword. Die Here was by hom en het nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat nie.

1 SAMUEL 4:2 (AFR83)

Hulle het hulle leër teenoor Israel laat stelling inneem, en toe die geveg ontplooi, is Israel deur die Filistyne verslaan. Hulle het omtrent vier duisend man op die slagveld afgemaai.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid