Soekresultate vir: wysheid

PSALMS 37:30 (AFR83)

Wat die regverdige praat, is wysheid, wat hy sê, stem ooreen met die reg.

SPREUKE 19:20 (AFR83)

Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wysheid kan hê.

PSALMS 49:4 (AFR83)

My mond gaan suiwer wysheid praat; wat ek gaan sê, sal van insig getuig,

SPREUKE 8:1 (AFR83)

Dit is Wysheid self wat roep, dit is Insig wat haar stem laat hoor.

SPREUKE 14:1 (AFR83)

'n Wyse vrou sorg vir haar huis; 'n vrou sonder wysheid breek alles af.

SPREUKE 7:4 (AFR83)

Sê vir die wysheid: “Jy is my suster,” maak die insig familie van jou.

PREDIKER 2:12 (AFR83)

Ek het goed nagedink om vas te stel wat dit is om wysheid te hê of om nie wysheid en kennis te hê nie. Wat anders kan 'n koning se opvolger doen as wat reeds gedoen is?

1 KORINTIËRS 2:6 (AFR83)

Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan.

JOB 9:4 (AFR83)

Die wysheid en krag van God is groot: wie kan Hom teëstaan en niks oorkom nie?

SPREUKE 28:26 (AFR83)

Wie op homself vertrou, is 'n dwaas; wie hom deur wysheid laat lei, is veilig.

SPREUKE 31:26 (AFR83)

As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.

SPREUKE 4:5 (AFR83)

Sorg dat jy wysheid bekom, en insig! Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie;

JOB 12:2 (AFR83)

“Werklik, julle is die enigste mense wat iets weet! Met julle sterf die wysheid uit!

JOB 28:18 (AFR83)

Koraal en kristal word nie eers gereken nie, wysheid is baie meer werd as pêrels.

SPREUKE 9:10 (AFR83)

Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.

SPREUKE 3:16 (AFR83)

Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe en met die ander rykdom en eer.

SPREUKE 3:19 (AFR83)

Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê en die hemel gebou met insig.

SPREUKE 13:20 (AFR83)

Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg.

PREDIKER 9:13 (AFR83)

Ook hierdie stukkie wysheid het ek in hierdie wêreld gesien, en vir my was dit belangrik:

SPREUKE 2:10 (AFR83)

Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem, kennis sal vir jou iets aangenaams word,

SPREUKE 15:33 (AFR83)

Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid; nederigheid kom voor eer.

JOB 28:27 (AFR83)

toe het Hy die wysheid gesien en daarvan vertel, toe het Hy dit vasgestel en deurvors.

SPREUKE 15:31 (AFR83)

Wie op 'n teregwysing ag slaan, sal lewe en 'n tuiste vind tussen mense wat wysheid het.

JOB 13:5 (AFR83)

As julle maar liewer net wou stilbly, sou dit vir julle tot wysheid gereken kon word.

SPREUKE 17:24 (AFR83)

'n Verstandige mens hou hom besig met wysheid, maar 'n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid