Soekresultate

JOHANNES 8:28 (AFR83)

Daarna sê Jesus vir hulle: “Eers wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, sal julle begryp dat Ek is wat Ek is, en dat Ek niks uit my eie doen nie, maar net verkondig wat die Vader My geleer het.

HANDELINGE 8:28 (AFR83)

Hy was nou op pad terug en het op sy wa gesit en lees uit die profeet Jesaja.

SPREUKE 8:28 (AFR83)

toe Hy die wolke daarbo gesit het, die fonteine onder die diep water laat uitborrel het.

MATTEUS 8:28 (AFR83)

Toe Jesus aan die oorkant in die land van die Gadareners kom, het twee mense wat in die mag van bose geeste was, Hom van die grafte af tegemoet gekom. Hulle was baie gevaarlik, sodat niemand dit langs daardie pad kon waag nie.

MARKUS 8:28 (AFR83)

Hulle antwoord Hom: “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van die profete.”

ESRA 8:28 (AFR83)

Daarna het ek vir die twaalf priesters gesê: “Julle is aan die Here gewy, hierdie goed is ook aan Hom gewy. Die silwer en die goud is vrywillige gawes aan die Here die God van julle voorvaders.

ROMEINE 5:8 (AFR83)

Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

1 KONINGS 8:28 (AFR83)

“Hoor tog, Here my God, die gebed van u dienaar, hoor sy smeking, luister na die hulpgeroep, die gebed wat u dienaar vandag tot U rig.

2 KONINGS 8:28 (AFR83)

Saam met Joram seun van Agab het hy opgeruk om te veg teen koning Gasael van Aram by Ramot in Gilead. Die Arameërs het vir Joram daar gewond.

1 KRONIEKE 8:28 (AFR83)

Hierdie manne was die familiehoofde volgens hulle stamboom. Hulle was leiers en het in Jerusalem gewoon.

ROMEINE 3:8 (AFR83)

Beteken dit dat ons sê: Laat ons die verkeerde doen sodat die goeie daaruit kan voortkom? Daar is mense wat ons dit wel lasterlik in die mond lê, maar hulle kry die oordeel wat hulle verdien.

ROMEINE 4:8 (AFR83)

Geseënd is die mens vir wie die Here die sonde nie toereken nie.”

ROMEINE 6:8 (AFR83)

Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.

ROMEINE 7:8 (AFR83)

Maar deur hierdie gebod het die sonde 'n vastrapplek gekry en elke soort begeerte in my aan die gang gesit, want sonder die wet is die sonde dood.

ROMEINE 10:8 (AFR83)

Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig:

ROMEINE 11:8 (AFR83)

soos daar geskrywe staan: “God het aan hulle 'n gees gegee wat hulle bedwelm het: oë wat nie sien nie en ore wat nie hoor nie, tot vandag toe nog.”

ROMEINE 14:8 (AFR83)

As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

ROMEINE 15:8 (AFR83)

Ek bedoel dít: Christus het gekom om in belang van die Jode 'n dienaar te word; Hy moes vir hulle die waarheid van God bevestig deur die beloftes wat die voorvaders ontvang het, waar te maak.

ROMEINE 16:8 (AFR83)

En dan stuur ek ook groete vir Ampliatus, my liewe vriend in die Here,

ROMEINE 9:8 (AFR83)

Dit wil sê: Dit is nie die kinders wat in die gewone gang van die lewe gebore is, wat kinders van God is nie; dit is die kinders wat kragtens die belofte van God gebore is, wat as Abraham se nageslag gereken word.

ROMEINE 12:8 (AFR83)

As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid.

ROMEINE 13:8 (AFR83)

Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit.

ROMEINE 1:8 (AFR83)

Allereers dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal, want in die hele wêreld praat die mense oor julle geloof.

ROMEINE 2:8 (AFR83)

maar dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.

NUMERI 28:8 (AFR83)

Julle moet die tweede lam teen die aand offer, met dieselfde hoeveelheid meel, olie en wyn daarby as in die oggend. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.”