Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 28:52 (AFR83)

“Hy sal jou in al jou stede beleër totdat jou hoë stadsmure en jou vestings waarop jy staatmaak, dwarsdeur jou land afgebreek is. Hy sal jou beleër in al die stede van jou hele land wat deur die Here jou God aan jou gegee is.

DEUTERONOMIUM 28:53 (AFR83)

Wanneer jou vyand jou beleër en jou laat swaarkry, sal jy die vleis van jou eie kinders eet, jou seuns en dogters wat deur die Here jou God aan jou gegee is.

DEUTERONOMIUM 29:17 (AFR83)

hulle afskuwelike afgodsbeelde van hout en klip, van silwer en goud by hulle gesien het.

DEUTERONOMIUM 29:21 (AFR83)

Die Here sal hom van die ander stamme van Israel afsonder sodat rampe hom kan tref ooreenkomstig die verbond wat met 'n eed gesluit en in hierdie wet opgeteken is.

DEUTERONOMIUM 29:23 (AFR83)

‘Die hele land is verbrand, dis swael en sout! Niemand saai daar nie, daar groei niks, daar kom nie eers 'n groenigheid op nie. Dit is verwoes soos Sodom en Gomorra, soos Adma en Sebojim wat deur die Here in sy gloeiende toorn verwoes is.’

DEUTERONOMIUM 29:25 (AFR83)

Dan sal die antwoord wees: ‘Omdat die mense van hierdie land die verbond verbreek het wat die Here die God van hulle voorvaders met hulle gesluit het toe Hy hulle uit Egipte laat wegtrek het.

DEUTERONOMIUM 29:26 (AFR83)

Hulle het ander gode gaan dien en vereer, gode wat onbekend was aan hulle en nie vir hulle bestem was nie.

DEUTERONOMIUM 31:15 (AFR83)

en die Here het daar verskyn in 'n wolkkolom, 'n wolkkolom wat by die tentdeur bly hang het.

DEUTERONOMIUM 31:21 (AFR83)

Wanneer baie plae en rampe hom dan tref, sal hierdie lied teen hom getuig, want dit sal nie deur sy nageslag vergeet word nie. Ek weet wat daar vandag in Israel se hart omgaan, hier net voordat Ek hom inbring in die land waaroor Ek 'n eed afgelê het.”

DEUTERONOMIUM 31:22 (AFR83)

Moses het daardie selfde dag nog die lied opgeteken en dit vir die Israeliete geleer.

DEUTERONOMIUM 32:28 (AFR83)

want hulle is 'n nasie sonder verstand, hulle het geen insig nie.

DEUTERONOMIUM 32:29 (AFR83)

“As hulle wysheid gehad het, sou hulle dit verstaan het, sou hulle begryp het wat hulle uiteinde sal wees.

DEUTERONOMIUM 32:31 (AFR83)

Die rots van die nasies is nie soos ons Rots nie, ons vyande kan tog self oordeel,

DEUTERONOMIUM 32:32 (AFR83)

want hulle stam uit Sodom se wingerd, uit Gomorra se droë gelyktes. Hulle druiwe is giftig, elke tros is bitter.

DEUTERONOMIUM 32:38 (AFR83)

die gode deur wie die vet van hulle offers geëet is en die wyn van hulle drankoffers gedrink is? Laat hulle na vore kom en julle help, laat hulle vir julle 'n skuiling wees!

DEUTERONOMIUM 32:41 (AFR83)

wanneer Ek my blink swaard skerp gemaak het, wanneer my hand dit gevat het om te oordeel, sal Ek my teenstanders straf en my haters vergeld vir wat hulle gedoen het.

DEUTERONOMIUM 32:42 (AFR83)

My swaard sal dood saai; Ek sal my pyle deurweek met bloed: die bloed van gesneuweldes en gevangenes, die bloed van die vyand met die lang haarlokke.’

DEUTERONOMIUM 32:50 (AFR83)

Jy sal sterf op die berg waarop jy moet klim. So het jou broer Aäron gesterf op Horberg.

DEUTERONOMIUM 32:51 (AFR83)

Julle was voor die oë van die Israeliete aan My ontrou by die waters van Meriba-Kades in die Sinwoestyn, want julle het My nie daar voor hulle oë as die Heilige geëer nie.

DEUTERONOMIUM 32:52 (AFR83)

Jy sal die land wat Ek aan die Israeliete sal gee, regoor jou sien, maar jy sal daar nie binnegaan nie.”

DEUTERONOMIUM 33:4 (AFR83)

Moses het ons 'n wet gegee, dit is 'n besitting vir die volk van Jakob.

DEUTERONOMIUM 33:8 (AFR83)

Oor Levi het Moses gesê: “U tummim en u urim is toevertrou aan u troue dienaar, U het hom by Massa op die proef gestel, U het 'n saak teen hom gehad by die Meribawaters.

DEUTERONOMIUM 33:11 (AFR83)

Seën sy werk, Here! Aanvaar wat hy doen! Tref sy teenstanders waar hulle krag sit, tref sy haters sodat hulle nie weer opstaan nie.”

DEUTERONOMIUM 33:12 (AFR83)

Oor Benjamin het Moses gesê: “Wie deur die Here bemin word, is veilig by Hom, skuil altyd by Hom en leef onder sy beskerming.”

DEUTERONOMIUM 33:13 (AFR83)

Oor Josef het Moses gesê: “Mag sy land deur die Here geseën word: met die beste uit die hemel, met dou en met die beste uit die water diep onder die grond,