Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 5:18 (AFR83)

“ ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.

DEUTERONOMIUM 5:19 (AFR83)

“ ‘Jy mag nie steel nie.

DEUTERONOMIUM 5:20 (AFR83)

“ ‘Jy mag nie vals teen 'n ander getuig nie.

DEUTERONOMIUM 5:21 (AFR83)

“ ‘Jy mag nie iemand anders se vrou begeer nie. Jy mag nie sy huis begeer nie, ook nie sy grond, sy slaaf of slavin, sy bees of donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.’

DEUTERONOMIUM 5:22 (AFR83)

“Die Here het by die berg al hierdie gebooie duidelik hoorbaar aan julle hele gemeente gegee, uit die vuur en die stikdonker wolk uit, en toe het Hy stilgebly. Daarna het Hy dit op twee plat klippe geskryf en dit vir my gegee.”

DEUTERONOMIUM 5:23 (AFR83)

“Toe julle die stem uit die donkerte uit gehoor het terwyl die berg gebrand het, het al julle stamhoofde en leiers na my toe gekom

DEUTERONOMIUM 5:24 (AFR83)

en gesê: ‘Die Here ons God het ons sy mag en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur uit gehoor. Vandag het ons ondervind dat God met mense praat, en hulle bly lewe.

DEUTERONOMIUM 5:25 (AFR83)

Maar as ons weer die stem van die Here ons God hoor, sal ons sterf, want hierdie groot vuur sal ons verteer. Waarom moet ons die gevaar loop om te sterf?

DEUTERONOMIUM 5:26 (AFR83)

Watter mens het die stem van die lewende God wat uit die vuur uit praat, gehoor soos ons en bly lewe?

DEUTERONOMIUM 5:27 (AFR83)

Gaan jy nader en luister na wat die Here ons God sê, dan kan jy alles wat Hy vir jou sê, vir ons vertel en ons sal dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.’

DEUTERONOMIUM 5:28 (AFR83)

“Toe die Here hoor wat julle vir my sê, het Hy vir my gesê: Ek het gehoor wat hierdie volk vir jou gesê het. Wat hulle gesê het, is goed.

DEUTERONOMIUM 5:29 (AFR83)

Mag hulle altyd soveel eerbied vir My hê en al my gebooie gehoorsaam sodat dit altyd goed kan gaan met hulle en hulle nageslag.

DEUTERONOMIUM 5:30 (AFR83)

Gaan sê vir hulle hulle moet teruggaan na hulle tente toe.

DEUTERONOMIUM 5:31 (AFR83)

Maar jy moet hier by My kom staan. Ek wil die hele wet vir jou gee, die voorskrifte en die bepalings wat jy vir hulle moet leer, en waarvolgens hulle moet lewe in die land wat Ek vir hulle gee om te besit.

DEUTERONOMIUM 5:32 (AFR83)

Julle moet nougeset doen wat die Here julle God julle beveel het. Julle moet nie in enige opsig daarvan afwyk nie.

DEUTERONOMIUM 5:33 (AFR83)

Bly op die pad wat die Here julle God vir julle aangewys het, sodat julle kan bly lewe en voorspoedig kan wees en lank kan woon in die land wat julle in besit sal neem.”

DEUTERONOMIUM 6:1 (AFR83)

“Dit is die wet, die voorskrifte en die bepalings, wat die Here julle God my beveel het om vir julle te leer, sodat julle daarvolgens kan lewe in die land wat julle in besit gaan neem.

DEUTERONOMIUM 6:2 (AFR83)

“So sal jy die Here jou God jou lewe lank kan dien en gehoorsaam wees aan sy voorskrifte en gebooie wat ek jou gegee het, jy en jou hele nageslag, en dan sal jy 'n lang lewe hê.

DEUTERONOMIUM 6:3 (AFR83)

As jy luister, Israel, en as jy gehoorsaam is en lewe volgens my gebooie, sal jy voorspoedig wees en uitermate baie word in die land wat oorloop van melk en heuning. Dit is wat die Here die God van jou voorvaders jou beloof het.

DEUTERONOMIUM 6:8 (AFR83)

Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees.

DEUTERONOMIUM 6:9 (AFR83)

Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

DEUTERONOMIUM 6:10 (AFR83)

“Die Here jou God sal jou bring in die land waarvan Hy met 'n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om vir jou groot en mooi stede te gee wat jy nie gebou het nie,

DEUTERONOMIUM 6:11 (AFR83)

huise vol voorrade waarvoor jy nie gewerk het nie, putte wat jy nie uitgekap het nie, wingerde en olyfboorde wat jy nie geplant het nie, en jy sal kos in oorvloed hê.

DEUTERONOMIUM 6:12 (AFR83)

Maar sorg dat jy nie dan die Here vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het nie.

DEUTERONOMIUM 6:13 (AFR83)

Jy moet die Here jou God eer en dien en net in sy Naam 'n eed aflê.